Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Greenwood Lea Cottage

Selfsorg
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Panorama-weg 26, Hilton, 3245, KwaZulu-Natal
  • Vanaf R1 250 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Greenwood Lea Cottage is in 'n stil woonbuurt van die lieflike Hilton Village net 3 km vanaf die dorp geleë. Die kothuis is naby St Annes Diocesan College, Hilton College en net teen die heuwel van die Pietermaritzburg-skole af.

Die kothuis is sowat 2 km vanaf die N3, so dit is 'n perfekte oornagplek op pad na die kus of die binneland toe.

Midmar Dam is ongeveer 10 min vanaf die verblyf, Sakabula Gholfbaan selfs nader en die kothuis is ongeveer 10 km vanaf Howick en die Umgeni Valley Natuurreservaat.

Ontdek en verken die gewilde Midlands Meander van Hilton. Die Midlands Meander is 'n streek in die pragtige KwaZulu-Natal wat strek van Hilton in die suide tot by Mooirivier en spog met kuns en kunsvlyt, pragtige kookkuns en soveel meer.

Greenwood Lea Cottage is die perfekte toevlugsoord vir gaste wat op soek is na 'n rustige, romantiese wegbreek.

Die knus kothuis het slaapplek vir 2 gaste en is ingerig met 'n koningingrootte-bed met pragtige perkallinne. Die en suite-badkamer het 'n groot stort, toilet en wasbak.
Groot, wit luukse badlakens is eenvoudig die beste en warm togas om in te koes, dra net by tot jou gesellige aand.

Die kombuisie is toegerus met 'n yskas, mikrogolf, broodrooster, eetgerei en breekware, asook tee- en koffiemaakgeriewe.

Net om jou verblyf soveel lekkerder te maak, is daar altyd hope verwelkomende ekstras insluitend vars blomme, beskuit, koekies, vars vrugte en sjerrie om te geniet.

Boonop het die kothuis 'n platskerm-TV met Netflix en Youtube. Daar is ook gratis WiFi beskikbaar.

Die houtdek het braaigeriewe en buitemeubels waar gaste kan ontspan. Veilige parkeerplek is op die perseel beskikbaar.

Kamer-opset

Slaapplek vir 2 mense 1 Slaapkamer 1 Badkamer, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Begeleide Wandelpaaie

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Badkamer

  • En-suite
  • Stort

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond

Vermaak

  • Tv

Ligging

  • Panorama-weg 26, Hilton, 3245, KwaZulu-Natal
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 250
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 250
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Panorama-weg 26, Hilton, 3245, KwaZulu-Natal
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA80cce1fa04d97eb322795a6bf537801ac802acb5ed826333a31c50cc32d5bfbd289bdd446d902a555869cfb13159cd51c694?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 250 per nag, vir 2 mense 26 Panorama Road Hilton 3245 KwaZulu-Natal 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -29.552793 30.285581

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang