Griet se Plek
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Hillcrest-laan 6, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
- Vanaf R650 per nag (plek vir 5)
Beskrywing
Griet se Plek is 'n bekoorlike vakansiehuis wat verblyf bied in 2 selfsorgwoonstelle. Dit is slegs 5 minute se ry van die strand af en het lekker staproetes langs die see.
Gaste kan kies of hulle op die eerste of onderste verdieping wil bly. Elke woonstel het 2 slaapkamers wat ingerig is met 'n koninggrootte-bed in die een slaapkamer en 2 enkelbeddens in die ander een. Linne en handdoeke word voorsien.
Daar is 'n kombuis in albei woonstelle wat volledig toegerus is vir selfsorg met 'n stoof, oond en 'n yskas en gaste kan ontspan in die sitkamer voor die TV. DStv Easy View-kanale is beskikbaar, maar gaste moet asseblief hul eie dekodeerder en slimkaart saambring sou hulle dit verkies.
Albei leef-areas bied toegang tot 'n patio met braaigeriewe en 'n lieflike see-uitsig. Veilige parkeerplek word voorsien.
Griet se Plek is 'n kort entjie se ry van 'n verskeidenheid besienswaardighede en doendinge. Gaste kan visvang by die gewilde Orange Rocks, sowat 300 meter van die woonstelle af, of 'n potjie gholf geniet, skubaduik, diepsee-hengel, op Uvongo of St. Micael's-strand ontspan, asook verskeie restaurante, filmteaters en winkelsentrums besoek.
Griet se Plek is ook naby vele besienswaardighede, soos Oribi Gorge, Lake Eland, Waffle House, Mac Banana, waar die Skoenlapper Dome is en diere om kinders te vermaak. Ander doendinge sluit piesangplaastoere by Riverbend Plaas, die krokodil- en reptielplaas, diepsee-visvang en watersport by St Michaels Ski bootklub, koffieplaastoere by Beavers Creek by Port Edward, ongeveer 12 gholfbane, velddraf vanaf St Michael-strand elke Saterdag, Kwaqolo Grotte en veel meer om te verken.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Tess Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 120
Op LekkeSlaap 8 jaar
Ligging
- Hillcrest-laan 6, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Griet se Plek het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 09:00 - Adres: Hillcrest-laan 6, Uvongo, 4270, KwaZulu-Natal