Guardian te Vrede
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.9/5
Sylvia En Johan Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 12
Op LekkeSlaap 3 jaar
Opsomming van Resensie
Kowie D - Aug 2024
Algehele gradering
Pragtige skoon en ruim eenheid. Wonderlike gasvrou.
Mariette M - Jan 2024
Algehele gradering
Het heerlik afgekoel in die pragtige swembad met die mooiste tuin. Fantasties!
Hannes P - Sep 2023
Algehele gradering
Baie rustig en ontspannend.
Ronel V - Apr 2023
Algehele gradering
Dit was ongelooflik rustig in die omgewing.
Guardian te Vrede se terugvoer
Dankie Ronel dit was net ń plesier om sulke aangename gaste soos julle te hê. Julle is welkom om enige tyd weer te kom kuier.
Omgee groete
Sylvia
Kitty G - Sep 2022
Algehele gradering
Naweek daar oorgeslaap tydens my ma se siekte.
Susan B - Jun 2022
Algehele gradering
Fantasties! Ongelooflik! Puik!
Guardian te Vrede se terugvoer
Julle was net ń plesier om hier te hê, mense met siel en baie aangenaam. Maklik om mee te kommunikeer en diere lief hebbers. Ons honde kinders was bederf met al die liefde. Sien uit vir jul volgende kuier.
Jc J - Mei 2022
Algehele gradering
Perfek.
Guardian te Vrede se terugvoer
JC hulle is vriendelike gaste en voel sommer dadelik soos ou vriende. Gaste wat die natuur waardeer en geniet, is welkom om weer te kom kuier.
Helene A - Mrt 2022
Algehele gradering
Ongelooflik lekker gebly, diens was uitstekkend en baie gasvry. Plekkie is pragtig, skoon en so netjies, so 'n rustige atmosfeer. Die eenheid is so volledig ingerig, enige iets wat mens kan aan dink en nog meer is daar, van inkleurboeke en spelletjies vir die kinders tot houtskool vir vleisbraa, baie indrukwekkend. lanklaas by 'n plek gebly waar dit so perfek en volledig ingerig was. Hulle stap verseker die ekstra myl.
Guardian te Vrede se terugvoer
Helene en haar gesin was vriendelike gaste was sommer tuis van die intrap slag af. Was so dankbaar vir alles en is enige tyd welkom om weer te kom kuier.
Eugene K - Jun 2022
Algehele gradering
Dit is 'n plek om te rus en vrede te beleef.
Guardian te Vrede se terugvoer
Baie dankie Eugene, dit was lekker om julle te ontmoet en is welkom om weer te kom kuier.
Jenny D - Jan 2022
Algehele gradering
So so rustig. Heerlik in die natuur!
Guardian te Vrede se terugvoer
Dankie Jenny dit was lekker om jul hier te hê julle is enige tyd welkom om weerte kom kuier.
Frik D - Okt 2021
Algehele gradering
Ons is baie vriendelik by die hek ontvang .
Guardian te Vrede se terugvoer
Frik en Danel is aangenaam en vriendelike gaste. Lekker gesels mense met oop harte en enige tyd welkom om weer by Guardian te kom kuier.
Suzette P - Okt 2021
Algehele gradering
A wonderful stay. Lovely people who went the extra mile to make sure that we had everything we needed and made us feel very welcome.
Guardian te Vrede se terugvoer
Mense met warm harte en was maklik om mee te kommunikeer en het interessante geselsies met hul aangknoop. Hulle is welkom om weer by Guardian tuis te gaan.
- Kapasiteit: 2 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 16:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: R101, Plot 41, Olifantspoort, Modimolle, 0480, Limpopo
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang