GuBas de Hoek - Holiday House and Cottage
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 10 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Whitestraat 16, Robertson, 6705, Wes-Kaap
- Vanaf R1 200 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
GuBas de Hoek - Holiday House and Cottage is in Robertson langs die bekende R62 geleë en bied selfsorgverblyf langs die GuBas de Hoek Gastehuis.
16 Garden Cottage bied slaapplek aan 4 gaste. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is 'n stort, wasbak en 'n toilet in die badkamer. Die kombuis is met 'n yskas, stoof, mikrogolf, eetgerei en breekware toegerus. Buite is daar sitplek en 'n draagbare braai.
Little Cottage in 34 Truter beskik oor 2 slaapkamers. Die eerste slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die badkamer het 'n toilet, stort en 'n bad en daar is 'n gastetoilet. Die kombuis is met 'n tafel, yskas, mikrogolf, stoof en 'n oond toegerus. Daar is ook 'n ruim sitarea en 'n eetarea met 'n slim-TV en gratis WiFi. Die leefarea lei na 'n omheinde tuin vol plante, blomme en bome. Ander geriewe sluit 'n onderdakstoep met 'n gasbraai, vuurput en buitemeubels in, asook veilige parkeerplek in 'n motorhuis.
Studio in 34 Truter bied slaapplek aan 2 gaste en beskik oor 1 slaapkamer met 'n koningingrootte-bed en 'n en suite-badkamer met 'n toilet, stort en 'n wasbak. Die kombuisie is met 'n yskas en 'n mikrogolf toegerus. Ander geriewe sluit gratis WiFi in. Daar is ook 'n tuin met 'n bankie om te ontspan.
Gaste kan ontbyt by die gastehuis teen 'n ekstra koste geniet en het toegang tot 'n soutwaterswembad met sonstoele by die gastehuis langsaan. Die verblyf is naby die gholfbaan en die Robertson-wynroete, met nabygeleë wynkelders soos Springfield, De Wetshof, Van Loveren en Robertson Winery. Ander aktiwiteite sluit voetslaan, fietsry, wynwandelings, 'n bootrit op die Breederivier, 'n Harley-rit en valskermspring in.
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Kinderoppasser Op Versoek
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Duits
Maaltye Aangebied
- Tee
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
- Parkering Op Die Straat
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Balbina Geverifieer
Eiendomme 2
Resensies 38
Op LekkeSlaap 14 jaar
Ligging
- Whitestraat 16, Robertson, 6705, Wes-Kaap
- Gaste dink GuBas de Hoek - Holiday House and Cottage het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Robertson Kaapse Wynlande Wes-Kaap
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Whitestraat 16, Robertson, 6705, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang