Gum Tree Glen
- Kapasiteit: 7 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: D22 Curry's Post-pad, Howick, 3290, KwaZulu-Natal
- Vanaf R740 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Gum Tree Glen is 2 selfsorg-eenhede in KwaZulu-Natal se pragtige Middellande, net 'n klipgooi vanaf Curry's Post en 10 minute se ry vanaf Howick met sy pragtige waterval en inkopieplekke. Dié eenheid kyk uit oor die majestueuse Karkloofvallei.
Gum Tree Glen word omring deur plase, bome en lowerryke velde en bied slaapplek op 'n koningingrootte-bed en 'n slaapbank in selfsorg-ateljeewoonstel. Die kombuisie is toegerus met 'n stoof, yskas en mikrogolf, en daar is 'n TV met sekere DStv-kanale. Die badkamer het 'n stort. Parkeerplek is op die perseel beskikbaar.
Wrinkly Tin Cottage is 'n bekoorlike huisie van hout en yster met hotelgehaltelinne en beddens, 'n toegeruste kombuis en 'n pragtige uitsig oor die golwende heuwels van die Karkloofvallei. Die kothuis het 2 slaapkamers en 2 badkamers en het 'n koningingrootte-bed, 2 enkelbeddens en 'n slaapbank. Daar is ook 'n grasvryheid TV-pakket met beperkte kanale wat gaste kan geniet.
Wild is volop in die omgewing. Kyk uit vir die duikers en ribbokke, hou jou oë en ore oop vir die visarend se kenmerkende roep en jakkalse in die nabygeleë woude. Die pragtige Sakabula Gholfbaan met sy 18 putjies is lekker naby en gholfspelers kan gerus ook 'n draai gaan maak by Bosch Hoek Gholfbaan. Altwee gholfbane is puik.
Gum Tree Glen se ligging is puik ten opsigte van al die trou-venues in die omgewing, soos Old Halliwell en Cranford Country Lodge. Bring gerus jou fiets en jou stapskoene saam en verken die Meander of die bekende Sappi MTB-roetes ind ei Karkloof. Piggy Wiggly met sy mini-treinritte is ideaal vir gesinne. Maak gerus ook 'n draai by die Zipline en Karkloof Canopy Tours. Gum Tree Glen is net 10 minute vanaf Midmardam.
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Peta Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 98
Op LekkeSlaap 7 jaar
Ligging
- D22 Curry's Post-pad, Howick, 3290, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Gum Tree Glen het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Midlands Meander KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 7 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: D22 Curry's Post-pad, Howick, 3290, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang