Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Hadeda Lodge

Selfsorg

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 4 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.5
Diens
5.0
Veiligheid
4.5
Saartjie A
Kort verblyf
5.0
Des 2020

Verkwikking in die natuur. Hadeda is 'n wonderlike ruim kuierhuis vir familie en vriende. Andries en Skonnie het ons vriendelik ontvang en seker gemaak ons is heeltemal tevrede. Die sitkamer wat oor die Wilgerivier uitkyk en die voortdurende natuurgeluide, skep 'n heerlike ontspanne atmosfeer. Die binnebraai was 'n bonus sodat die familie die heeltyd kon saam kuier. Ons gasvrou, Anita het seker gemaak dat daar in elke behoefte voorsien word. Selfs 'n handreëling laat opsit by die trappe sodat oupa, 90jr, makliker by die sitkamer kan kom. Ons sal beslis weer dié natuur-juweel opsoek.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Adriaan D
1 nag Saam met vriende
5.0
Aug 2019

Heerlike wegkoms van die stad. Heerlike naweek weg van die staf af, sal beslis weer gebruik maak van die verblyf in die toekoms. Huis was ten volle toegerus met al ons benodighede. Baie dankie weereens.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Wezelda G
1 nag Gesin met klein kinders
4.2
Okt 2019

Baie stil en rustig. Die Lodge self is baie ruim, baie goed toegerus en naby genoeg vir n wegbreek uit Gauteng vir 'n naweek. Daar was egter 'n paar dinge wat 'n problem was bv: daar is heelwat vlermuise in die aand binne in die lodge; daar is baie trappies in die huis (2 plekke sonder relings), die lodge is op 'n skuinste geleë met steil hellings en 'n klimraam reg langs n 1.5 tot 2 meter mini afgrond, sonder n beskermende heining so vir ons met n peuter in die gesin was dit n nagmerrie; die lodge se naam is nie aangedui op die deur soos met die ander verblyf plekke op die plaas nie en boonop op n pad waar n kennisgewing aandui 'slegs vir eienaars' - ons moes hulp kry om ons daarheen te neem; dis baie droog, baie stowwerig met geen groen gras om die huis soos die foto's op die website aandui nie. Ons beveel aan dat daar aangedui word op die website dat die lodge nie op n klein en jong kinder vriendelike plek geleë is nie asook dat die vlermuise verwyder word. Ons wou stilte en rus geniet - die stilte was daar maar rus het ontbreek weens bogenoemde. Vir die rede dan ook dat ons voel die prys het nie die middele regverdig nie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
3.0
Anita
Hadeda Lodge
Baie dankie vir die waardevolle terugvoer. Ons gee dadelik aandag daaraan. Groete, Eienaar

Lynette S
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Sep 2018

Heerlike, goed toegeruste huis. Ons het 'n heerlike naweek saam met vriende deurgebring. Alles was reg met aankoms en Skonie is 'n dierbare vrou wat die huis vir ons skoon gehou het. Ek sal die plek aanbeveel, maar gaste moet weet dat daar 'n grondpad is om te ry om by die plek uit te kom. Ons was redelik vies toe ons die grondpad moes aandurf.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Anita Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 4

Op LekkeSlaap 6 jaar

Vanaf
Vanaf R3 600
per nag (plek vir 8)
Vanaf
R3 600
per nag (plek vir 8)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 18 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Luiperdskloof Wildlodge, Onspoed-plaas, Erfdeel 40, Bronkhorstspruit, 1020, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA83c451625af9546a87f1df6e4dc7bac72ba5c7668f1234d4074d81bd49ce7c616031a5ca87512419d6f30dd4515a09b93261?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 600 per nag (plek vir 8) 4 5 1 5 Luiperdskloof Game Lodge Portion 40, Farm Onspoed 1020 Gauteng 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.763817585263 28.917280324967

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang