Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Halfmoon Hollow Eco Cottage

Selfsorg
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Soos Gesien op Instagram
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Op die R328 aan die voet van die Robinsonpas, Ruiterbos, Mosselbaai-distrik, 6507, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 250 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

HalfMoon Hollow Eco Cottage is ’n lieflike selfsorgkothuis vir 2 gaste in ’n klein vallei aan die voet van die Outeniekwa-berge langs ’n stroom. Dit is 30 km vanaf Mosselbaai. Dit is ideaal vir 'n romantiese wegbreek, natuurliefhebbers en voëlkykers, of gaste wat uit die besige stadslewe wil ontsnap.

Hierdie unieke eko-vriendelike kothuis is deur die eienaars self gebou. Dit maak van sonkrag gebruik en water word deur die bergstroom voorsien. Al die houtwerk is gemaak van bome van die plantasie, waarvan sommige bome ouer as 18 jaar oud is en deur die eienaars geplant is.

Die kothuis beskik oor 1 slaapkamer, 1 badkamer, ’n kombuis en ’n sitarea. Die slaapkamer het ’n dubbelbed en die privaat badkamer het ’n stort en ’n kompostoilet. Omdat die kothuis so naby die stroom is, is daar nie ’n spoeltoilet nie. In plaas daarvan om te spoel, moet ’n koppie dennesaagsels ingegooi word nadat die toilet gebruik is. Dit hou die toilet vars en maak dat die komposproses vinniger plaasvind. Daar is 2 slaapbanke vir kinders op versoek beskikbaar. Linne en badhanddoeke word voorsien en gaste moet asb. hul eie swemhanddoeke saambring.

Die ongekunstelde kombuis is met ’n yskas, gasstoof, eetgerei, breekware, potte, panne en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus. Etes kan by die etenstafel geniet word. Die sitarea het ’n kaggel en lei na ’n dek met braaigeriewe. Die kothuis het nie ’n TV of WiFi nie, en daar is beperkte selfoonontvangs.

Die dek het ’n sitarea en braaigeriewe. In die somer kan gaste in die privaat plonspoel afkoel. Dit word aanbeveel dat gaste voor die tyd die nodige koop, aangesien daar nie plaaslike winkels is nie.

Gaste kan na die plaasdam stap, waar hulle dalk die plaaslike bobbejaantrop kan sien. Gaste kan ook die plaaslike stappaadjies verken, waar daar bosbokke, ystervarke, otters en selfs rooikatte gesien kan word. Daar is verskeie voëlspesies op die plaas, waar daar ook meer as 120 inheemse boomspesies en verskeie tipes fynbos is.

Aktiwiteite in Ruiterbos sluit perdry, voetslaan- en fietsroetes, 'n troeteldierpark en The Western Cape Butterfly Sanctuary in. Daar is ook verskeie restaurante en kroeë naby.

Kamer-opset

Slaapplek vir 2 mense 1 Slaapkamer 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Badkamer

Stort, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Kombuisgeriewe
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Piekniekmandjies Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Aparte toilet
  • Stort
  • Seep
  • Toiletware

Eenheidgeriewe

  • Elektriese kombers
  • Kaggel

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte

Opsomming van Resensie

4.8 uit 5van 4 resensies vir Halfmoon Hollow Eco Cottage
Netheid
5.0/5
Diens
4.8/5
Ligging
4.5/5
Veiligheid
5.0/5
Waarde vir geld
4.5/5

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Div Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 4

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Op die R328 aan die voet van die Robinsonpas, Ruiterbos, Mosselbaai-distrik, 6507, Wes-Kaap
  • Gaste dink Halfmoon Hollow Eco Cottage het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 250
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R1 250
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Op die R328 aan die voet van die Robinsonpas, Ruiterbos, Mosselbaai-distrik, 6507, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA3b37a50c1a1c5cdaa2bc993b4769481f1bb3f03d376326d0d28fafcdae99b439ad411b3ad4fcd1b9d49f80c089d695bb8236?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 250 per nag (plek vir 2) 4 5 1 5 On R328 Foot of Robinson Pass Ruiterbos 6507 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -33.940706803703 22.022789351796

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang