Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Halfkoord Accommodation

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Halfkoordstraat 4, Kleinbaai, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 650 per nag, vir 6 mense

Beskrywing

Halfkoord Accommodation bied selfsorgverblyf in 'n lieflike woonstel met 'n privaat ingang op die eienaar se perseel in die hartjie van Kleinbaai. Dit is net buite Gansbaai geleë en is ideaal vir 'n wegbreek by die see, aangesien dit stapafstand vanaf die strand is.

Die woonstel bied slaapplek aan 6 gaste en beskik oor 2 slaapkamers en 'n badkamer. Elke slaapkamer het 'n dubbelbed en die badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Alle linne en badhanddoeke word voorsien, maar gaste moet egter hul eie strandhanddoeke saambring.

Die leefarea beskik oor 'n kombuis wat met 'n tweeplaatstoof, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Die kombuis lei na 'n etenstafel en 'n sitarea met gemaklike rusbanke, 2 enkelslaapbanke en 'n TV met DStv.

Buite is daar 'n lieflike tuin met 'n ingeboude braai. Die huis is naby die Kleinbaai-hawe waar hulle die bote vir walviskyk en haaihokduik te water laat.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 2 Slaapkamers 1 Leefarea 1 Badkamer

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Leefarea

2

2 x Enkelslaapbank

Badkamer

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Troeteldiere op versoek
Vervoerdienste
TV
Volledige kombuis
DStv
Braai
Voorsiening vir beurtkrag

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 10 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
5.0
Diens
5.0
Veiligheid
5.0
Gaste se hoogtepunte
Willie G
Saam met lewensmaat
5.0
‘n Lafenis vir liggaam en gees. Gawe gasvrou/gasheer. Ons tydjie daar was baie rustig en vreedsaam met die ruis van die see en geluide van vele soorte...
Sien meer
Nov 2024
Sybil C
Saam met vriende
5.0
Pragtige eenheid en naby alles, 'n entjie van die see maar steeds loopafstand! Ons het beslis lekker gebly, plek is ruim en koel - my diertjie was die...
Sien meer
Okt 2024
Mandie Z
Saam met lewensmaat
5.0
Lekker lekker lekker. Dit was ongelooflik netjies. Ons beveel hul definitief aan.
Okt 2024
Mariana N
Saam met lewensmaat
5.0
Baie vriendlike gasvrou. Skoon en netjies. Rustig en veilige area. Vriendlik en netjies. Goeie diens.
Sep 2024
Olenka C
5.0
Restful, comfortable, well-equipped - will be back. It was exactly what I needed. I loved having full DStv to watch a few of my favouri...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Dan & Marianna Nuut op LekkeSlaap!

Eiendomme 1

Resensies 10

Op LekkeSlaap 9 maande

Ligging

  • Halfkoordstraat 4, Kleinbaai, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
  • Gaste dink Halfkoord Accommodation het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 650
per nag, vir 6 mense
Vanaf
Vanaf R 1 650
per nag, vir 6 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Halfkoordstraat 4, Kleinbaai, Gansbaai, 7220, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAa2bbe5feaace3879f7fd842d76fb8107762a57e5ff76551ec7e03ead6b935962c4c2a867100bf2b937a0866d36adcaae5cc0?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 650 per nag, vir 6 mense 10 5 1 5 4 Halfkoord Street Kleinbaai 7220 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.6132886 19.3473473

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang