Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Halfway Rest

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Coetzeestraat 61, Middelburg, 5900, Oos-Kaap
  • Vanaf R840 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Halway Rest is in Middelburg in die Oos Kaap geleë en is die ideale oornagplek vir gaste op die N9- en N10-roete.

Halfway Rest bied 4 afsonderlike oopplan-eenhede met slaapplek vir 12 gaste in totaal.

Halfway Rest 1 het 'n koningingrootte-bed, 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die kombuis is met 'n mikrogolfoond, yskas, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n gasbottel, in geval van beurtkrag, en 'n eetarea toegerus. Koffie, tee, suiker en melk word ook voorsien. Die slaaparea het ook 'n TV met DStv en gratis WiFi. Daar is 'n waaier in die kamer, elektriese komberse op die beddens en lugversorging wat met 'n koopkragkoepon werk.

Halfway Rest 2 is 'n klein oopplan-eenheid met slaapplek vir 2 gaste op 2 enkelbeddens. Die en suite-badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die kombuis is met 'n mikrogolfoond, ketel, yskas en koffie- en teemaakgeriewe toegerus. Koffie, tee, suiker en melk word ook voorsien. Die kamer het ook 'n TV met DStv en gratis WiFi. Daar is 'n waaier in die kamer, elektriese komberse op die beddens en lugversorging wat met 'n koopkragkoepon werk.

Halfway Rest 3 is 'n oopplan-eenheid met 'n dubbelbed, 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die kombuis is met 'n mikrogolfoond, yskas, tee- en koffiemaakgeriewe, 'n gasbottel (in geval van beurtkrag) en 'n eetarea toegerus. Koffie, tee, suiker en melk word voorsien. Die slaaparea het ook 'n TV met DStv en gratis WiFi. Daar is ook 'n waaier in die kamer, elektriese komberse op die beddens en lugversorging wat met 'n koopkragkoepon werk.

Halfway Rest 4 is 'n gerieflike eenheid met 'n dubbelbed vir 2 gaste en 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en 'n wasbak. Die kombuis is met 'n mikrogolfoond, yskas, braaipan, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n eetarea toegerus. Koffie, tee, suiker en melk word voorsien. Die slaaparea het ook 'n TV met DStv en gratis WiFi. Let dat die eenheid met 4 maklike trappe bereik word. Daar is ook 'n waaier in die kamer, elektriese komberse op die beddens en lugversorging wat met 'n koopkragkoepon werk.

Braaigeriewe, 'n bomakuierplek en veilige parkeerplek op die perseel beskikbaar. Daar is genoeg spasie vir 'n karavaan en 'n sleepwa. Daar is ook 'n watertenk met 'n pomp en 'n kragopwekker vir beurtkrag wat in die aand plaasvind.

Halfway Rest is stapafstand na restaurante in die dorp, 'n lekker stappie ná 'n lang dag op die pad.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 318 resensies

Uitstekend

Netheid
5.0
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Ansie V
5.0
Rustige gerieflike blyplek. Pragtige kamer met alles wat jy nodig het.
Sep 2024
Francois L
Gesin met tieners
5.0
Aangenaam, sal weer daar oorslaap. Gastehuis is mooi, veilig, ruim en skoon. Onderdak parkering vir my waentjie en motor.
Sep 2024
Catherine J
5.0
Veilig, vriendelike en waarde vir geld. Wonderlike blyplek. Eienaars se kommunikasie is puik. Die kamer was so mooi en skoon. Dit is baie veilig met '...
Sien meer
Jun 2024
Charlene W
Gesin met tieners
5.0
Baie lekker. Baie goeie diens, vriendelike eienaars, baie lekker gebly.
Mei 2024
Anita V
Gesin met tieners
5.0
Fantasties! Ons het baie lekker gebly. Baie vriendelike mense.
Mrt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.9/5

Sonja & Pieter Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 318

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • Coetzeestraat 61, Middelburg, 5900, Oos-Kaap
  • Gaste dink Halfway Rest het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 840
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 840
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Coetzeestraat 61, Middelburg, 5900, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAQEMgKwWV69Wk4MtddhGtQOZw0UgakAfp7QRCiQ7e0sSARi0URw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R840 per nag (plek vir 2) 318 5 1 5 61 Coetzee Street Middelburg 5900 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 09:00 -31.496374084124 25.002979008598

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang