Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Hallo Jacobsbaai

Resensies

4.9/ 5

Gebaseer op 34 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.9
Veiligheid
4.9
Pieter D
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Mrt 2024

Uitstekende verblyf! Die plek is beter uitgerig as 99% van plekke daar buite. Die gasheer het ons bederf met 'n JC le Roux MCC, klomp baker's koekies, 'n houer met lekkergoed en selfs 2 Lindt hasie sjokolades (Paasnaweek)! Totaal onverwags en dit word baie waardeer. Sulke klein goed maak 'n mens net spesiaal voel. Daar is 2 braaiplekke, buite vir kosmaak en 'n netjiese tuintjie met tafel en sambreel en binne vir warmmaak en atmosfeer. Die kombuis is uitgerig vir al jou behoeftes: 'n airfryer, groot yskas met vrieskasruimte, ketel, coffee pod masjientjie (en baie pods!), klomp aanmaakkoffiepakkies, heuningpakkies, sweeteners en selfs cappuccinopakkies. 'n Airfryer en induksiestofie word verskof vir kossies vinnig braai en bak. Daar was selfs netjiese showergel, seepies en conditioner shampoo uitgelê op die kamerlessenaartjie. 'n Klein haardroërtjie is daar vir dié wat dit benodig. Daar was swemhanddoeke, storthanddoeke en selfs badjasse! Ek het gevra of daar genoeg hout sal wees vir 2 aande en of ek moet saambring, toe verras hulle ons en verskaf hulle ons met ongeveer 30 groot stukke, met blits. Vir meer kan mens regtig nie vra nie. Dit maak die verblyf so gerieflik! Die moeite wat die gasheer doen is meer as by die meeste luukse hotelle. Alles was spotless en netjies. Ek sal definitief weer daar gaan bly. Hulle skep 'n nuwe standaard vir selfsorgverblyf waarvolgens ek elke ander plek sal mee vergelyk. Uitstekende verblyf!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Japie K
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Mrt 2024

Ons gaan weer. Ons twee nagte verblyf by Hallo Jacobsbaai was baie aangenaam. Die eenheid is met meer as wat benodig word toegerus en silwerskoon. Ons ontvangs was hartlik en vriendelik. Ons is selfs verwelkom met 'n lekker bottel wyn. Dit was op ons weeklange toer van die Weskus die beste waarde vir geld verblyf wat ons gehad het.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Zanell B
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Des 2023

Die verwelkoming was baie vriendelik en warm. Die eenheid was pragtig ingerig. Ons het heerlik gebly, dankie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Christa B
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.8
Mrt 2024

Netjiese, skoon, goed ingerigte verblyf. Puik verblyf! Goed ingerig, met soveel ekstras. Van die beddegoed, die handdoeke tot die koffie was alles van hoogstaande kwaliteit. Ekstras wat vir ons in die eenheid gelaat was het ons baie bederf laat voel. Die eenheid en buite area was besonder skoon en netjies.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Antoni C
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.8
Jan 2024

Dit was uitstekend. Diens was puik en die netheid van die verblyf sal maak dat ek weer terugkeer. Dit was regtig 'n plesier gewees om daar te bly.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Melanie V
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Des 2023

Rustig, veilig, netjies. Ons het hierdie blyplek vreeslik geniet! Alles was so skoon en netjies. Die gasheer het regtig baie moeite gedoen om te verseker dat daar enige iets is wat 'n mens moontlik kan benodig. Beslis 'n plek om weer en weer te besoek!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Louis M
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Des 2023

Aangenaam. Ja, ons het baie lekker gebly.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Susan L
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Des 2023

Heerlik! Heerlik. Die fynste aandag aan detail, soos 'n warmfles en piekniekmandjie, bordspeletjies in die kas, goeie gehalte koffie, 'n bederfie vir ons huweliksherdenking, vuuraanstekers, die hout reeds gepak in die braaier en 'n kruietuintjie vir vars slaai. Ek was aanvanklik teleurgesteld toe ek sien ons het nie 'n seeuitsig nie, maar die huisie is baie na aan die see as mens uitstap buitentoe, en die lieflike uitsig oor fynbos en voëltjies wat in die tuintjie kom kuier en bad, maak op daarvoor! Ons kon diep asemhaal in die stilte van Jacobsbaai.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Gerda L
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Okt 2023

Wow! Enige persoon se droom! Die stilte en gasvryheid, plus netheid, gee ek 110%. Alles wat 'n mens nodig het, is tot jou beskikking. Die kwaliteit van meubels en linne is van die luuksheid wat 'n mens soek.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Karin P
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Sep 2023

Op die nippertjie bespreek en die cottage was so netjies en gerieflik. Baie vriendelike ontvangs en klein bederfies in die eenheid het dit spesiaal gemaak. Sal definitief weer kom kuier. Fantastiese verblyf!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.9/5

Steve Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 34

Op LekkeSlaap 2 jaar

Vanaf
Vanaf R1 380
per nag (plek vir 2)
Vanaf
R1 380
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Geen kinders
  • Inkloktyd: 15:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Korhaanlaan 13, Jacobsbaai, 7380, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA218db4e3f1a67864adab4b16b683ae47f0d3b82b7e39b2423d149732f09807b965f18c7c4f93ccc935f25ae11c79903ad685?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 380 per nag (plek vir 2) 34 5 1 5 13 Korhaan Avenue Jacobs Bay 7380 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-18:00 11:00 -32.97294 17.88561

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang