Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Hamlet Country Lodge

Gastehuis

Resensies

4/ 5

Gebaseer op 64 resensies

Baie goed

Netheid
4.0
Ligging
3.9
Waarde vir geld
4.0
Diens
4.1
Veiligheid
3.9
Deidre R
1 nag Saam met lewensmaat
4.8
Jun 2024

Fantasties. Baie lekker gebly, die personeel is vriendelik en behulpsaam en die ontbyt was fantasties.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Wayne S
1 nag Besigheidsreis
4.6
Okt 2024

Really nice place for an overnight stay. Very friendly staff. Really nice place to sleep over.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
5.0

Marietjie L
1 nag Saam met lewensmaat
4.4
Des 2023

Ideal ligging vir ons doel. Gerieflik en voldoende vir ons behoeftes die naweek. Vriendelike ontvangs en baie lekker ontbyt.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
3.0

Janine K
Kort verblyf Saam met lewensmaat
3.8
Mrt 2024

Snaaks. Die kamer het nie 'n stort gehad nie, slegs 'n bad. Die wasbak was erg gekraak. Die kamer het net een dowwe lig gehad wat gewerk het, so ons het meestal die bedliggies gebruik. Die mure het 4 random wit verf blokke op gehad asof hulle die vertrek wil uitverf. Die kos was uitstekend en die man by die kroeg kort bietjie "people skills". Daar was 'n privaat funksie gewees by die restaurant afdeling en ons was weg gewys by die kroeg man toe ons wou water koop die aand oor ons nie deel van die partytjie was nie.

Netheid
4.0
Diens
3.0
Ligging
5.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
3.0

Jana T
1 nag Saam met lewensmaat
1.8
Sep 2024

Nie die skoonste verblyf nie. Die mure in die kamer asook die stort was vuil.

Netheid
1.0
Diens
1.0
Ligging
3.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
1.0

Engela V
1 nag Saam met lewensmaat
1.4
Nov 2024

Die dorp het ons baie geniet en sy mense. Dankie vir e-pos en geleentheid om terugvoer te gee van ons ondervinding met die Hamlet Country Lodge. Jul bespreking bevestig dat ons vanaf 14h00 kan okkupasie neem. Ons het 15h15 daar arriveer en ons moes wag, want die persooon wat die kamer allokeer is nie daar nie, hy is huis toe. Ons het probeer om julle te skakel julle, het ook nie jul telefone beantwoord nie. Ons het later na die een persoon wat daar in sig was, gegaan en gesê hy moet asb. die eienaar se kontaknommer vir my gee dat ek hom skakel. Ons het 'n funksie gehad wat 16h00 begin en ons moes nog aantrek vir die funksie. Na 'n ruk is daar 'n kamer aan ons toegeken. Ons het ook die kroegman gevra hoe laat bedien hul ontbyt aangesien ons verblyf ontbyt insluit. Hy het gesê hul open 07h00 die kombuis die oggend. Ons het 'n vol program gehad en die tyd het ons goed gepas, want ons moes weer vanaf Hamlet weer 'n begrafnis in Caledon bywoon. Ons het 07h20 die hotel verlaat sonder ontbyt, die plek was verlore daardie tyd van die oggend geen personeel aan diens of geen sekuriteit nie. Ons moes by die agterdeur uit om uit die gebou te kan kom. Ons is ongelukkig oor die ontvangs en vertrek. Personeel is nie opgelei nie. Ons versaan dat die eienaar al die minder bevoorregtes help met poste by sy lodge. Die hotel is omring met padwerkers, groot aantal van hulle wat op die binnehof sit en daar is geen plek buite vir die besoekers nie. Ons was geskok oor die aantal wat daar was, ek glo dat jul op die advertensie moet noem dat dit eintlik 'n backpackers is en nie 'n lodge of hotel nie, 'n mens het ander verwagtinge as mens die naam lodge of hotel sien. Ons sal definitief nie weer daar tuis gaan nie, ons het beter opsies gesien na ondersoek vir baie minder geld. Ons voel mense word mislei met die advertensie. Binnenshuis is nie wat ons verwag het van 'n lodge nie.

Netheid
2.0
Diens
1.0
Ligging
1.0
Veiligheid
1.0
Waarde vir geld
2.0

Anika D
1 nag Saam met vriende
3.8
Aug 2023

Very friendly staff. Lovely staff. Enjoyed our stay.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
3.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
4.0

Monica M
1 nag Saam met lewensmaat
3.0
Aug 2023

Die gasheer, Michael, was baie behulpsaam en het vinnig ons kamer opgegradeer na 'n kamer van ons keuse toe ons nie gelukkig was met die eerste een nie. Die personeel was baie vriendelik en behulpsaam en die kos was van uitstaande gehalte. Die kroeg en restaurant kry beslis 'n 5-ster gradering. Die kamers kort 'n bietjie aandag, maar ons het nietemin 'n baie goeie nagrus gehad na 'n lang dag op die pad en die paar ontbrekende luukses het nie te veel saak gemaak vir ons nie. Dit was immers net om te oornag na 'n lang reis. Ons sal beslis weer daar oornag.

Netheid
3.0
Diens
3.0
Ligging
3.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
3.0

Troy G
1 nag Besigheidsreis
1.8
Des 2022

Very disappointed, with the room and the overall experience. The state of the room is not good, the door is broken, damaged, looks like someone punched it, damage looks like someone tried to break into the room. The bathroom is, well, the sink has cracks, the toilet cistern is broken (cracked). I did not get breakfast even after they asked me what time I wanted to eat, I said 8:30 as I had to travel to another wedding, no one from the hotel was even there at 8:30, they only arrived just before 9 am, by then it was too late to eat. Very unhappy with the price and what I got (did not get). Will not use them again.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
2.0
Diens
1.0
Ligging
3.0
Veiligheid
1.0
Waarde vir geld
2.0
Rentia
Hamlet Country Lodge
Good day sir, thank you for sharing your experience. Our humble apologies. We will have a look into this. Kind regards.

Rina K
1 nag Saam met lewensmaat
1.4
Des 2022

Die foto's op die webwerf en die werklikheid verskil van mekaar. Indien die koste minder per nag, per persoon was, sou die standaard van die fassiliteit aanvaarbaar gewees het. Die kamerlig en die badkamerlig was buitewerking. Die stoel het stukkende plekke, die bedmatjie het stukkende plekke. Af teël in die badkamer. Stortdeur onder vuil en aangepak. Die deur is effens los van die muur en kan nie oop of toe sonder dat hy opgelig word nie. Die asblikkies het nie plastiese sakke in nie vullis direk in drommetjie. Badkamer asblik kan nie oopmaak met voet nie, mens moet die deksel met die hand lig. Hangkas het 'n gat in onder. Die deur sluit nie dig nie. Die badkamer se gordyn pas nie by die opening nie, die kamergordyne maak net-net die opening toe as dit toegetrek is en is verseker nie -3 ster standaard / gehalte nie. Mure het plekke wat afdop. Ons het 2 sleutels ontvang een vir die buitedeur in die gang, en een vir ons kamer. Albei sleutels sluit beide die kamer en die buite deur in die gang oop. Dit beteken al die kamers se sleutels kan al die kamers oopsluit!

Netheid
1.0
Diens
2.0
Ligging
1.0
Veiligheid
2.0
Waarde vir geld
1.0
Rentia
Hamlet Country Lodge
Goeiedag Mevrou. Dankie vir U noukeurige terugvoer. Dankie dat U ,U ondervinding met ons kon deel. Niemand van die personeel was bewus van U onaangename ervaring tydens die tyd wat U hier tuis was by ons nie maar ons vra U omverskoning. Ons werk graag aan hierdie terugvoering. Voorspoedige nuwe jaar van ons aan U. Groete,

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4/5

Rentia Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 64

Op LekkeSlaap 9 jaar

Vanaf
Vanaf R 1 100
per nag, vir 2 mense
Vanaf
R 1 100
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Voortrekkerweg 10, Prins Alfred Hamlet, 6835, Wes-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGUyMzhjNmU5LTk1MmYtNDFkMS1iNzliLTNiOTRhYzRhNmVlMQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 100 per nag, vir 2 mense 64 5 1 4 10 Voortrekker Road Prince Alfred Hamlet 6835 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 11:00 -33.293990886969 19.327672421896

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang