Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Hamlet Country Lodge

Gastehuis
  • Kapasiteit: 12 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Voortrekkerweg 10, Prins Alfred Hamlet, 6835, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 100 per nag, vir 2 mense
  • TGCSA-gradering:

Beskrywing

Die Hamlet Country Lodge is 'n gastehuis wat in die Wes-Kaap naby Ceres in Prince Alfred se Hamlet geleë is. Dit is ideaal vir gaste wat op soek is na gerieflike akkommodasie en hartlike gasvryheid naby aan verskeie doendinge.

Die akkommodasie bestaan uit 6 slaapkamers wat smaakvol ingerig en ten volle gemeubileer is. Die dubbelkamers is ruim en beskik elk oor 'n dubbelbed of 'n koningingrootte-bed en daar is 2 enkelbeddens in elkeen van die 2-enkelbedkamers. Albei kamertipes beskik oor en suite-badkamers met 'n stort of 'n bad, 'n wasbak en 'n toilet. Ander geriewe in die kamers sluit 'n TV met DStv-kanale, lugversorging, 'n waaier, 'n paneelverwarmer en koffie- en teemaakgeriewe in.

Gaste kan smullekker maaltye in die restaurant op die perseel geniet. Die restaurant is van Maandae tot Saterdae oop, maar dis toe op Sondae. Hamlet Country Lodge het 'n onthaalarea met 'n pooltafel en 'n kroeg. Daar is ook 'n speelarea waar die jongspan kan baljaar terwyl die ouers ontspan.

Die gastehuis maak ook voorsiening vir sakereisigers met ons venue vir konferensies of saamtrekke met plek vir tot 40 afgevaardigdes. Ons het ook veilige parkeerplek vir jou motor. Die gastehuis is naby aan verskeie doendinge en geriewe in die dorpie Ceres geleë.

Resensies

4.1/ 5

Gebaseer op 61 resensies

Baie goed

Netheid
4.1
Ligging
3.9
Waarde vir geld
4.1
Diens
4.2
Veiligheid
4.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.1/5

Rentia Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 61

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Voortrekkerweg 10, Prins Alfred Hamlet, 6835, Wes-Kaap
  • Gaste dink Hamlet Country Lodge het ’n goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 100
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 100
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 12 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Voortrekkerweg 10, Prins Alfred Hamlet, 6835, Wes-Kaap
  • TGCSA-gradering:
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJGUyMzhjNmU5LTk1MmYtNDFkMS1iNzliLTNiOTRhYzRhNmVlMQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 100 per nag, vir 2 mense 61 5 1 5 10 Voortrekker Road Prince Alfred Hamlet 6835 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 11:00 -33.293990886969 19.327672421896

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang