Hampton Selfcatering
- Kapasiteit: 6 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hampton-weg, Selcourt, Springs, 1559, Gauteng
- Vanaf R2 550 per nag, vir 6 mense
Beskrywing
Hampton Selfcatering is sentraal geleë in Springs, Oos-Rand, en is 'n lieflike vakansiehuis in die stil woonbuurt Selcourt Enclosure. Dit is ideaal naby winkelsentrums, gewilde restaurante en net 40 minute van O.R. Tambo Internasionale Lughawe.
Dié dubbelverdieping-eiendom bied slaapplek aan 6 gaste op 'n slag en beskik oor 3 slaapkamers wat almal op die boonste verdieping is, 2 badkamers asook 'n gastetoilet. Die ruim hoofslaapkamer is ingerig met 'n koninggrootte-bed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, wasbak en toilet. Die tweede en derde slaapkamers het elk 2 driekwartbeddens en deel die tweede badkamer met 'n bad. Gehalte linne en badhanddoeke word voorsien; gaste moet egter hul eie swemhanddoeke saambring.
Die leefarea beskik oor 'n stylvolle kombuis wat volledig toegerus is met 'n stoof, oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, skottelgoedwasser, eetgerei en breekware asook 'n ontbyttoonbank met stoele. Langs die kombuis is 'n etenstafel met oorgenoeg sitplek waar gaste hul maaltye saam kan geniet. Die sitkamer het gemaklike leerbanke en 'n TV met Netflix. Vir diegene wat 'n bietjie werk wil kry, is 'n studeerkamer en gratis WiFi beskikbaar.
Buite is daar 'n lieflike swembadarea met 'n onderdakstoep wat sitplek sowel as 'n ingeboude braai het. Dit is 'n ideale plek vir gaste om ten volle te ontspan en 'n duik in die swembad te neem op daardie warm somersdae. Gaste kry veilige parkeerplek binne die motorhuis sowel as voor dit. Tydens beurtkrag het die huis 'n rugsteunstelsel wat die meeste van die ligte, TV, Wi-Fi en motorhuisdeure sal laat werk.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Slaapkamer
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Bad, Toilet
Badkamer
Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Voëlkyk
- Fietsry
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Aparte toilet
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Verekombers
- Elektriese kombers
- Waaier
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
5/5
Natalia Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 1
Op LekkeSlaap 1 jaar
Ligging
- Hampton-weg, Selcourt, Springs, 1559, Gauteng
- Gaste dink Hampton Selfcatering het ’n uitstekende ligging
Sien meer verblyf in Selcourt Springs Johannesburg Gauteng
- Kapasiteit: 6 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hampton-weg, Selcourt, Springs, 1559, Gauteng
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang