Hamstead Farm Cottage
- Kapasiteit: 5 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: D600, Bushmans Nek-weg, Underberg, 3257, KwaZulu-Natal
- Vanaf R2 200 per nag, vir 5 mense
Beskrywing
Hamstead Farm Cottage bied gerieflike selfsorgverblyf in 'n unieke, knus eko-kothuis op 'n plaas in Underberg. Dié tweeslaapkamerkothuis werk met son- en windkrag en het 'n mezzanine. Dit is op dieselfde perseel as die hoofhuis en bied 'n pragtige uitsig oor die Suidelike Drakensberge. Hamstead Farm Cottage is die rustige wegbreek waarna individue, groepe en gesinne op soek is.
Die kothuis het 2 slaapkamers en bied slaapplek aan 5 gaste. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en die tweede slaapkamer het 'n enkelbed en 'n dubbelbed. Daar is stortgeriewe. Die kothuis het ook 'n kombuis, sitarea en 'n eetarea. Die kombuis is toegerus met 'n yskas, oond en stoof en daar is 'n houtstoof met 'n glasfront in die leefarea om 'n gesellige atmosfeer op winteraande te skep. Die kothuis het 'n DVD-speler, WiFi-sender (gaste moet hul eie data saambring) en draagbare braaigeriewe. Die kothuis gebruik wind- en sonkrag, so toerusting met elemente word nie toegelaat nie.
Die kothuis is slegs 20 km vanaf Underberg via 'n grondpad. Gaste kan snags die gehuil van 'n jakkals hoor, of die geroep van 'n uil of naguil, en bedags kan gaste 'n eland of wildsbok op die koppie langs die perseel gewaar. Die kothuis bied 'n wye uitsig oor die veld na die klein berg en verder na die groter, suidelike berg.
Die kothuis is troeteldiervriendelik, maar slegs volgens reëling en hulle word nie op die beddens of meubels toegelaat nie. Daar is 'n omheinde area en as troeteldiere nie in daardie area is nie, moet hulle op leibande wees.
Daar is 2 perde, 2 honde en beeste wat op die perseel woon.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Slaapkamer
1 x Enkelbed / Driekwartbed
1 x Dubbelbed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Di Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 2
Op LekkeSlaap 4 jaar
Ligging
- D600, Bushmans Nek-weg, Underberg, 3257, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Hamstead Farm Cottage het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Underberg Drakensberge KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 5 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: D600, Bushmans Nek-weg, Underberg, 3257, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang