Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Hanati Chalets

  • Kapasiteit: 22 persone
  • Geen kinders onder 4
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: De Witskraal-rylaan, Portion 28, Klipdrift 90JR, Hammanskraal, 0400, Gauteng
  • Vanaf R1 400 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Hanati Chalets is 30 minute se ry vanaf Pretoria op die N1-Noord, in die Dinokeng Wildreservaat waar die Groot 5, meeste bokspesies en 'n verskeidenheid voëlspesies vrylik rondbeweeg. Dit is die perfekte wegbreek vir natuurliefhebbers en voëlkykers.

Die privaat, losstaande selfsorg-chalets het lugversorging, bied 'n uitsig oor die bos en is goed toegerus sodat gaste slegs klere, toiletware en kos hoef saam te bring.

Hanati bied verblyf in 7 eenhede. Drie chalets het slaapplek vir 4 gaste, en 3 eenhede vir 2 gaste. Elke kamer het 'n badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die Gesinskothuis het 'n ruim slaapkamer met 'n koningingrootte-bed, 2 enkelbeddens en 1 badkamer. Die chalets het elk 'n stoep met braaigeriewe, 'n toegeruste selfsorgkombuis, leefarea en onderdakparkeerplek by die eenheid.

Eenhede word nie skoongemaak tydens die verblyf nie vir gaste se privaatheid en daarom het elke eenheid ook 'n skottelgoedwasser.

Die lodge het 'n groot, gemeenskaplike swembad en speletjieskamer. Gaste kan langs die kampvuur ontspan. Daar is DStv in een van die lapas.

Wanneer gaste arriveer kan hulle 'n selfry-permit aankoop by een van die toegangshekke en 'n boek met padkaarte en hierin dui dit aan waar al die restaurante, pienkiekareas, winkels en ander besienswaardighede is. Gaste moet ook 'n bewaringsfooi met aankoms aan die reservaat betaal.

Indien verkies kan mens vooraf alles betaal op die PLANKTON platvorm teen n verlaagde tarief :
https://dinokeng.plankton.mobi/Home/Index waar bewaringsfooi R100 per volwassene is en kinders onder 12 jaar R50 (dis eenmaling per bespreking) en selfrypermitte op n glyskaal werk, bv 1 dag permit is R200, 2 dae permit is R270 ens.
Die boek met kaarte is R50.

Wanneer die 4x4-avontuurroete begaanbaar is, as gevolg van olifantaktiwiteit, kan selfry-wildritte gereël word. Dis slegs vir bespreekte naweekgaste by Hanati en vir ten minste 2 voertuie. Die 4x4 roete is ongelukkig nie beskikbaar tot 2025 nie.

Die oord het 'n elektriese heining en 'n afstandbeheerhek.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Speletjieskamer
  • Gastesitkamer
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Selfsorg

Aktiwiteite op perseel

  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wildkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 22 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.2
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.9
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Ronet N
Saam met lewensmaat
5.0
Absoluut fantasties. Dit was regtig ongelooflik met die mees gasvrye mense.
Aug 2024
David N
Saam met lewensmaat
5.0
Baie rustig en stil. Baie privaat. Huisie baie gerieflik en goed toegerus.
Sep 2023
Nadine O
Saam met lewensmaat
5.0
I will definitely be back. Neat, clean, and worth every cent.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sep 2023
Bernice F
Saam met lewensmaat
5.0
Baie lekker gebly. Lugversorging was lekker warm gewees, lekker warm water, rustig. Natuur is pragtig. Ek en manlief het besluit om net vir 'n naweek ...
Sien meer
Jul 2023
Frank S
Saam met lewensmaat
5.0
Fantastic and extremely friendly service. Gardens and surrounding beautifully maintained.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Apr 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Hanlie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 22

Op LekkeSlaap 4 jaar

Ligging

  • De Witskraal-rylaan, Portion 28, Klipdrift 90JR, Hammanskraal, 0400, Gauteng
  • Gaste dink Hanati Chalets het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 400
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R1 400
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 22 mense
  • Geen kinders onder 4
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: De Witskraal-rylaan, Portion 28, Klipdrift 90JR, Hammanskraal, 0400, Gauteng
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAc4feb5ab028ebc230dbcad3d0fffd3f7c90056bdfa25a4afb475c8c708f3b6281e384bdd53b3afd8cdd22b14f11b9ab95ee3?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 400 per nag (plek vir 2) 22 5 1 5 De Witskraal Road Portion 28, Klipdrift 90JR 0400 Gauteng 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -25.37237083886 28.321120937051

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang