Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Handvol Gruis Gastehuis

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 50 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Henti B
1 nag Saam met vriende
5.0
Nov 2024

Sielerus, natuurskoon is so mooi. Hierdie plek is ongelooflik. Regtig rus vir jou siel. Ons het heerlik gebly. Die "hot tub" was 'n heerlike verrassing. Regtig aanbeveel. Als wat mens nodig het en nog meer.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Adine F
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Sep 2024

Rustige asemhaal geleentheid. Baie lekker gebly. Ruim huis met spasie vir almal. Baie dankie vir julle gasvryheid!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Claire P
Kort verblyf
5.0
Aug 2024

Fabulous accommodation offering home comforts and interesting walks. Stunning stay - I was looking for a place off the beaten track where I could work through the day and take walks in the morning and evening with my dogs. Handvol Gruis Gastehuis did not disappoint and I'd definitely go back there again if I am in the area.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Magda G
1 nag Gesin met tieners
5.0
Mrt 2024

Eg plaas en voel soos ons eie huis. Spasie en ruimte was volop! Na 'n lang dag se reis was die vars gebakte plaasbrood en skaaptjoppies 'n groot bederf! Huis is lieflik ingerig en gerieflik genoeg om 'n groot gesin te huisves. Volgende keer kom ons met die hele familie kuier!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Andre O
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.2
Okt 2024

Iets anders. Handvol gruis is 'n groot plaashuis wat op sy eie staan. Daar is 4 slaapkamers, waarvan 2 hoofslaapkamers is met goeie koningin matrasse en beddegoed. Jy kan kies watter een jy wil gebruik. Daar is 2 sitkamers en 'n baie groot kombuis. Ons was net twee, so die enkel badkamer was voldoende. Daar is wel 'n aparte 2e toilet. Daar is nie Eskom krag nie, maar sonkrag met 'n 2kW omskakelaar, en gevolglik nie 'n mikrogolfoond, broodrooster of elektriese ketel nie. Die gasstoof werk goed, en die gas-geiser werk so doeltreffend soos 'n elektriese geiser. Die klein TV het Kyknet. Die huis is oud, so mens aanvaar maar die krake en waterdamp in die mure. Die tarief vir twee was gepas vir wat ons gekry het. Die plaashuis se afdraai is 16 km van Calvinia af, maar mens moet besef dis dan 'n verdere 26 km redelike grondpad van die afdraai af. So kom met alles wat jy gaan nodig hê, want gou-gou winkels toe is nie 'n opsie nie. Die voordeel is natuurlik dat mens afgesonder is en kan afskakel. Daar is geen selfoonontvangs nie, so alle kommunikasie werk via WiFi wat met tye baie wispelturig was. Ons het 2 aande gebly, en die oop dag so gereël dat ons die bergroete kon ry. Dit kan met 'n sedan-motor gery word, en is absoluut die moeite werd. Vra vir Ronelle hoe om die kort staproete bo-op die berg te stap om Calvinia van bo af te sien.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0

Gustav C
1 nag Gesin met klein kinders
5.0
Des 2023

Lekker rustig. Was 'n baie lekker plaashuis tussen die berge. Baie mooi en groot!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Emma M
1 nag Saam met vriende
5.0
Okt 2023

Plattelandse rustigheid. Die gastehuis is beeldskoon. Elke kamer is so stylvol en netjies, selfs nog mooier as die foto's. Die stoep is lieflik vir laatmiddag kuiers en kyk uit op die pragtige plaas en berge. Dit is absoluut idillies. Die skaaptjops was vir seker die lekkerste wat ons in 'n lang tyd geëet het. Dit was voorwaar 'n wonderlike wegbreek, ons kom beslis weer.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Neeltje S
1 nag Gesin met tieners
5.0
Okt 2023

Heerlik, gerieflik en netjies. Die huis is baie goed toegerus en is gerieflik. Die gasgeiser was 'n groot pluspunt. Die ligging is baie mooi. Gasvrou is baie behulpsaam en vriendelik. Die potbrood was heerlik.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Sakkie B
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Sep 2023

Gerieflike en netjiese ou huis met baie unieke ligging. Heerlik, gerieflike, netjiese ou plaashuus, wat baie goed toegerus is. Ligging baie mooi en besonders. Gasvrou baie behulpsaam en vriendelik.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Sharon R
1 nag Saam met lewensmaat
4.4
Jun 2023

Peaceful relaxation. Friendliest host, beautiful old farmhouse, stunning location, solar dependant on enough sunshine.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.8/5

Ronelle Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 73

Op LekkeSlaap 7 jaar

Vanaf
Vanaf R 1 850
per nag, vir 8 mense
Vanaf
R 1 850
per nag, vir 8 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 11:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Vanrhynshoek Plaas, Calvinia, 8190, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAd2582b88c2645e6c9e15b5b565cb5543182a1d7add34e4b554de9cafa253422dcb6df4d976bb90cd56eef6e3a2e42ceb80ad?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 850 per nag, vir 8 mense 50 5 1 5 Vanrhynshoek Farm Calvinia 8190 Noord-Kaap 021 201 8901 11:00-21:00 10:00 -31.326567416046 19.883960142944

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang