Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Hang Ten

  • Kapasiteit: 7 persone
    6 volwassenes, 1 kind
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Krugerstraat 1, Gouritsmond, 6696, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 400 per nag (plek vir 7)

Beskrywing

Hang Ten is in die bekoorlike vissersdorpie Gouritsmond geleë. Hierdie rustige dorpie, geleë in die Tuinroete, word gekenmerk deur mooi kliphuise wat uit die 1920's dateer en spog met uitstekende visvanggeleenthede, 'n gewilde strand en staproetes.

Dié bekoorlike vakansiehuis het slaapplek vir 7 gaste in 3 slaapkamers en is ideaal vir 6 volwassenes en 2 kinders. Daar is 3 slaapkamers. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-bed, die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens wat in 'n koninggrootte-bed omskep kan word. 'n Enkelbed word in die leefarea voorsien. Die kamers deel die gebruik van 'n badkamer met 'n bad en stort. 'n Gastetoilet is ook beskikbaar.

Die kombuis is goed toegerus met 'n yskas-vrieskas, gasstoof, oond, mikrogolfoond, eetgerei, tee- en koffiemaakgeriewe en 'n wasmasjien. Die leefarea het 'n TV, knus sitarea, binnebraai-area en 'n etenstafel. Die huis bied ook 'n buitestort, 'n lieflike tuin en see-uitsigte vanaf die dek.

Alle beddegoed word voorsien. Gaste moet asseblief hul eie bad- en swemhanddoeke saambring. Gaste moet ook hul eie toiletware saambring. Braai roosters work voorsien, maar bring gerus ook jou eie saam.

Gouritsmond bied verskeie doendinge soos stap, voetslaan, visvang, fietsry en voëlkyk.

Kamer-opset

Slaapplek vir 7 mense 3 Slaapkamers 1 Leefarea 2 Badkamers

Slaapkamer

2

1 x Koninggrootte-bed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Leefarea

1

1 x Kinderbed vir 1

Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Badkamer

Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
Troeteldiere op versoek
TV
Volledige kombuis
Braai

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 36 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.8
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Karen B
Saam met lewensmaat
5.0
Soos altyd in Gourits 'n baie spesiale ervaring en lekker rus naweek. Heerlik gebly, al ons 2de besoek. Huis is ten volle toegerus en baie ruim, veral...
Sien meer
Feb 2025
Lizette F
Gesin met klein kinders
5.0
Dit was awesome. Baie lekker gekuier, sal definitief weer gaan.
Des 2024
Bianca K
Gesin met klein kinders
5.0
Dit was great! Huis is netjies en ruim. Die binne braai maak familie kos maak tyd 'n fees. Dis ook cool dat daar twee toilette is, veral wanneer dit '...
Sien meer
Feb 2024
Marelise B
5.0
Baie gerieflik en rustig. Ons het regtig baie lekker gebly. Die huis is baie gerieflik en het aan al ons vereistes voldoen. Sal weer daar bespreek. Di...
Sien meer
Jan 2024
Cathrien B
Saam met lewensmaat
4.6
Spacious stay with fire place. We really enjoyed our stay. Customer service is great and of great help. We didn't bring our own towels ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Heinrich Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 59

Op LekkeSlaap 5 jaar

Ligging

  • Krugerstraat 1, Gouritsmond, 6696, Wes-Kaap
  • Gaste dink Hang Ten het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 400
per nag (plek vir 7)
Vanaf
Vanaf R 1 400
per nag (plek vir 7)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 7 persone
    6 volwassenes, 1 kind
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Krugerstraat 1, Gouritsmond, 6696, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9aec450d52c8538c7714c2c0bf61848910b25d72f54fdf750afebf3a597000ddc94adfe60a7452cbdf129d7e70a7d5516ea1?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 400 per nag (plek vir 7) 36 5 1 5 7 Kruger Street Gouritsmond 6696 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.354134707719 21.88006963771

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang