Hannie Pot
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Poinsettia-weg 389, Sinoville, Pretoria, 0182, Gauteng
- Vanaf R750 per nag (plek vir 2)
Beskrywing
Hannie Pot is 'n bekoorlike selfsorg-eenheid met 'n privaat ingang op die eienaar se perseel in Sinoville, Pretoria. Dit is ideaal vir 'n paartjie of sakereisigers.
Dié eenheid het slaapplek vir 2 gaste en beskik oor 1 slaapkamer en 1 badkamer. Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en ingeboude kaste, terwyl die badkamer 'n stort, toilet en wasbak het. Linne en badhanddoeke word voorsien.
Die kombuis is met 'n gasstoof, oond, mikrogolf, ketel, eetgerei, breekware, yskas-vrieskas en 'n toonbank met stoele toegerus. Die sitarea het 'n gemaklike rusbank, en daar is 'n slim-TV met Netflix en gratis WiFi.
Die eenheid lei na 'n stoep met sitplek en draagbare braaigeriewe met 'n uitsig oor die tuin. Gaste het toegang tot veilige motorafdakparkeerplek, en die verblyf is naby winkelsentrums, restaurante, hospitale, Wonderboom Lughawe en die N1.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
Badkamer
Stort, Toilet
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Poinsettia-weg 389, Sinoville, Pretoria, 0182, Gauteng
Sien meer verblyf in Sinoville Magalieskruin Pretoria Gauteng
- Kapasiteit: 2 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Poinsettia-weg 389, Sinoville, Pretoria, 0182, Gauteng
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang