Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported
Waarheen is jy op pad?
Datums
2 Gaste

Happy Lands Farmstay

Gastehuis
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 20 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Prospect-weg, Summerville, Addo, 6107, Oos-Kaap
  • Vanaf R1 400 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Happy Lands Farmstay word deur 'n familie bestuur en is in die hartjie van die Addo-vallei geleë. Dit is die enigste plek waar die natuur, wild en ontspanning werklik ontmoet en bied gaste die uiteindelike Addo-vakansie.

Elkeen van die 9 gastekamers het 'n gemaklike bed, privaat ingang, lugversorging en 'n privaat stoep met sitplek, en is volledig vir selfsorg toegerus.

Gaste het toegang tot 'n braai-area in die tuin, 'n tuinkamer met 'n onderdakbraai en sitplek, asook 'n vuurmaakplek waar gaste saans kan kuier. Die groot, pragtige tuin bied 'n speelarea vir kinders.

Geriewe op die perseel sluit 'n swembad, haardroërs op versoek, wildritte, WiFi, veilige parkeerplek en toere na die sitrusfabriek in. Ontbyt is op versoek teen 'n ekstra koste per persoon beskikbaar en kinders is baie welkom.

Hiér kan gaste eg Suid-Afrikaanse gasvryheid op 'n sitrusplaas ervaar. Stewige ontbyte word op die stoep bedien met uitsigte oor die pragtige tuin en welige struikgewasse. Gedurende die sitrusseisoen kan gaste Nita se tuisgemaakte konfyte en vars lemoensap proe. Nita hou ook daarvan om tuisgemaakte maaltye voor te berei deur vars groente, vrugte en kruie uit die tuin te gebruik. Op warm someraande kan 'n tradisionele braai en potjiekos om die vuur geniet word.

Gaste word aangemoedig om die plaas te voet te verken, of sommer net langs die swembad agteroor te lê ná 'n dag van wildkyk.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Ontbyt beskikbaar

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 26 resensies

Baie goed

Netheid
4.5
Ligging
4.2
Waarde vir geld
4.3
Diens
4.5
Veiligheid
4.6
Gaste se hoogtepunte
Carina R
Gesin met klein kinders
5.0
We had a lovely stay. The beds were nice and very clean. The farm is beautiful. See stars.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Des 2024
Tinita G
Saam met vriende
5.0
Dis 'n pragtige blyplek, met lieflike eienaars. Die eienaars was ongelooflik vriendelik en bedagsaam.
Jul 2024
Frances V
Saam met lewensmaat
5.0
Liked mostly everything. Pleasant. Breakfast superb.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Apr 2024
Clive M
Gesin met tieners
5.0
Wonderlik en rustig. Pragtige omgewing en rustig - grasgroen grasperke met rose. Baie vriendelike eienaars. Goed geleë indien jy Addo Park wil besoek....
Sien meer
Jan 2024
Frans M
Saam met lewensmaat
4.8
Heerlik, stil, met baie goeie geriewe. Dit was 'n heerlike plek met groot, ruim kamers, met alles wat 'n mens wil hê.
Des 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.4/5

Mike & Nita Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 26

Op LekkeSlaap 15 jaar

Ligging

  • Prospect-weg, Summerville, Addo, 6107, Oos-Kaap
  • Gaste dink Happy Lands Farmstay het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 1 400
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 400
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 20 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Prospect-weg, Summerville, Addo, 6107, Oos-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAa58823c5da262023812459a67c4afee0d912033a0425d78c197bd43c04e8b5ccda5cc5790ade9805a757c648b94900366cf8?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 400 per nag, vir 2 mense 26 5 1 5 Prospect Road Summerville 6107 Oos-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -33.477649 25.597154

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
303112345678910111213141516171819202122232425262728293031123456789
Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
303112345678910111213141516171819202122232425262728293031123456789