Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Harbour Terrace 14

Resensies

4.3/ 5

Gebaseer op 10 resensies

Baie goed

Netheid
4.1
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.1
Diens
3.8
Veiligheid
4.8
Sonja D
Lang verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Sep 2019

Gerieflik en netjies. Die verblyf is baie sentraal geleë.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ilse F
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.8
Mei 2019

Puik ligging en goeie waarde vir geld. Ek was baie tevrede met alles omtrent die verblyf en sal beslis weer daar gaan bly. Die enigste negatiewe aspek is dat dit die Saterdagnag tot in die vroeë oggendure taamlik lawaaierig was, sowel in die blok as in die straat voor die blok woonstelle. Die woonstel se klankdigtheid is beslis 'n probleem. Die Sondagaand was dit wel baie rustig.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Jacobus T
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.2
Des 2018

Goeie waarde vir geld en lekker sentraal met veilige parkering. Sal aanbeveel dat die spesifieke eenheid 'n goeie 'spring-clean' nodig het en dat kaste in slaapkamer of gesluit of skoon gehou word.

Netheid
3.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Nicholas S
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.0
Nov 2018

'n Veilige, rustige wegbreekplekkie met alles wat jy benodig en binne loopafstand van talle besienswaardighede en winkels. 'n Veilige, rustige wegbreekplekkie met alles wat jy benodig en binne loopafstand van talle besienswaardighede en winkels. Ons sal beslis weer terugkeer daarheen as die geleentheid hom voordoen en beveel Harbour Terrace aan by almal wat goeie verblyf soek.

Netheid
3.0
Diens
3.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0

Hannes D
Kort verblyf Saam met lewensmaat
3.6
Nov 2018

Die verblyf is nie verbruikersvriendelik nie Daar word nêrens in die advertensie of enige dokumentasie vooraf melding gemaak van die verskriklike styl trappe wat in die eenheid is nie. Ek persoonlik sukkel met my knie en was dit moeilik om met die trappe op en af te klim. Dit is baie styl asook ver uitmekaar. As ek met 'n rolstoel daar aangekom het wil ek graag weet wat sou julle gedoen het. Self die parkering vir no. 14 is onder in die basement wat net so styl is om af of op te gaan. Ek is baie ontevrede hieroor want as ek vooraf geweet het sou ek 'n ander blyplek gekry het. Dan ook net 'n dakwaaier - Kaapstad word so warm die waaier help niks. So ek het nie lekker gebly nie.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
3.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
3.0

Yolanda W
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Apr 2017

Ligging van Harbour Terrace uitstekend, vir persone wat nie Kaapstad ken nie. Harbour Terrace. Die area is veilig om rond te loop. Loopafstand van Waterfront, wat wonderlik was. Goeie oefening opgedoen met die steil opdraand in Boundary-weg na kompleks. Die kompleks Harbour Terrace self, was uitstekend beveilig. Jy het geen bekommernisse oor jou voertuig en jou persoonlike besitting in die wooneenheid gehad nie. Personeel is baie vriendelik en behulpsaam. Vir ons wat glad nie die Kaap ken nie, was dit 'n belewenis om net af te loop Waterfront toe, op te klim op Sightseeing HOP ON en HOP AF busse.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Anonieme gas
Kort verblyf
3.8
Aug 2017

Netheid
4.0
Diens
1.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
FZP/CTHA
Harbour Terrace 14
Goeie dag Marius, Ons vra grootliks omverskoning dat u ongelukkig was met die diens nie. Ons strewe om altyd te verbeter en met die hulp van u kan ons dit moontlik maak. As u so gaaf sal wees om ons te verskaf met meer inligting in verband met die rede hoekom u meer as 'n uur moes wag om in te boek. Was daar dalk 'n probleem wat reggestel moes word vir die gasvrou om op haar sel te wees. En laastens wat was die ongerief met die uit boek? Hierdie informasie sal help om te identifiseer wat verkeerd gegaan het en seker te maak dat dinge verbeter. Groete en ons sien uit om van u terug te hoor.

Ansie S
Kort verblyf Besigheidsreis
3.0
Sep 2017

Problematies. Die verblyf was skoon en netjies maar net 'n paar plekkies in die woonstel wat aandag kort, was voldoende vir die 7 dae sakeverblyf. Ek het wel 'n probleem ondervind met die WiFi. Die Sondagaand en Maandagoggend het dit goed gewerk maar was van lyn af die res van die week. Het eers weer Vrydagoggend aangegaan. Ek was heeltyd in kontak met die maatskappy wat die verhuring doen om die probleem op te los - maar dit het steeds in my opinie heeltemal te lank gevat om die eienaar op te spoor om saak te help oplos.

Netheid
3.0
Diens
1.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
3.0
FZP/CTHA
Harbour Terrace 14
Geagte Ansie, Baie dankie vir die terugvoering. Ons vra weereens grootliks om verskoning oor die WiFi. Dit maak dit baie moeilik vir ons om eienaars in die hande te kry as hulle oorsee reis, maar dit is nie 'n verskoning nie. Ons het in kontak met die eienaar gekom en so ook met hom gesels oor die probleem dat ons hom nie in die hande kan kry nie. Ons strewe om altyd te verbeter en het nou 'n kontak nommer waar ons hom enige tyd in die hande kan kry. Ons sien uit daarna om jou weer te akkommodeer met beter diens van ons af. Groete, Elsie

Billy B
Kort verblyf
5.0
Nov 2016

Lekker sentraal, veilig, stil en bekostigbaar. Neem kennis: Die stortkoppe is effens verstop van kalk en moet asb. skoongemaak word.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Alistor K
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.2
Nov 2016

Baie ristug. Baie mooi, dit was stil en rustig, die plek was ook sentraal wat goed is.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
FZP/CTHA
Harbour Terrace 14
Goeie dag Alistor Baie dankie vir die goeie terugvoering Hoop om julle weer gou die Kaapse tuiste te geniet Groete Rina

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.2/5

FZP/CTHA Geverifieer

Eiendomme 72

Resensies 230

Op LekkeSlaap 11 jaar

Vanaf R1 460
R1 460 R1 022
per nag (plek vir 2)
Vanaf R1 460
R1 460 R1 022
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Boundaryweg, De Waterkant, Kaapstad, 8001, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAxWFxX8hPJLJYxCAngQKSWJGCXGbQPz5fGNlZMhkjROhu45yiBD?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R1 460 nouVanaf R1 022 per nag (plek vir 2) 10 5 1 5 Boundary Road De Waterkant 8001 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-18:00 10:00 -33.912273606303 18.414566516876

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang