Harbour View at Majestic Village
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoofweg 124, Kalkbaai, 7975, Wes-Kaap
- Vanaf R3 700 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Harbour View at Majestic Village is 'n selfsorgwoonstel in Kalkbaai se hoofstraat. Die woonstel spog met 'n lieflike uitsig oor die see en die hawe en is in Majestic Village in die hartjie van Kalkbaai, naby die hawe, geleë.
Die woonstel bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 'n slaapkamer, solderkamer, 2 badkamers en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en 'n en suite-badkamer. Die solderkamer word met 2 stelle trappe bereik en het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer.
Die kombuis is met 'n skottelgoedwasser, stoof, oond, yskas-vrieskas, mikrogolfoond, eetgerei en breekware toegerus. Die sitarea het 'n gemaklike sitkamerstel en 'n platskerm-TV. Elke eenheid het 'n slim-TV en gaste kan by hul eie rekeninge inteken om programme te stroom. Onbeperkte WiFi is beskikbaar. Die leefarea bied toegang tot 'n lieflike balkon met 'n etenstafel en 'n rusbank. Die balkon is met digte glas toegebou om die geraas vanaf die hoofstraat te verminder.
Die woonstel is in die opgeknapte, ou Majestic Village geleë wat destyds die Majestic Hotel was. Die hotel se oorspronklike afwerkings van 1920 het behoue gebly en is met moderne luukshede gekombineer om 'n lekker leefruimte te skep.
Gaste het eksklusiewe toegang tot 'n privaat gimnasium, swembad en aangewese parkeerplek vir 1 voertuig per woonstel. Die Majestic Village het 24 uur-sekuriteit en bied professionele behandelings by The Majestic Spa.
Majestic Village is met 'n kragopwekker toeegrus, so gaste sal nie deur beurtkrag geraak word nie.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Dubbelbed
Stort, Bad, Toilet
Slaapkamer
En suite
2 x Enkelbed / Driekwartbed
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Kinderoppasser Op Versoek
- Swembad
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Masseer- en Skoonheidsterapie
- Nagportier
- Persoonlike Kluis
- Selfsorg
- Gimnasium
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Fietsry
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Duits
- Switsers
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Kaggel
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.7/5
Florian Geverifieer
Eiendomme 18
Resensies 109
Op LekkeSlaap 15 jaar
Ligging
- Hoofweg 124, Kalkbaai, 7975, Wes-Kaap
- Gaste dink Harbour View at Majestic Village het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Hoofweg 124, Kalkbaai, 7975, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang