Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Harbour Views

Selfsorg
  • Kapasiteit: 4 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Suikerbossie-weg 38, Gordonsbaai, 7140, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 900 per nag (plek vir 4)

Beskrywing

Harbour Views beslaan die onderste vlak van die eienaar se vakansievilla in Gordonsbaai en gaste se privaatheid is verseker, aangesien die eienaar nie altyd op die perseel is nie. Hierdie woonstelle spog met manjifieke see-uitsigte, omring deur 'n agtergrond van die pragtige Tafelberg in die verte.

Verblyf word in 2 woonstelle gebied. Die tweeslaapkamerwoonstel bied gerieflike slaapplek vir tot 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers, 'n kombuis en 'n leefarea. Die hoofslaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n stort. Die skuifdeure lei na die stoep wat buitemeubels en 'n privaat swembad het.

Die 1 slaapkamer woonstel het slaapplek vir tot 2 gaste en beskik oor 1 slaapkamer, 1 badkamer, 'n kombuis en 'n leefarea. Die slaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n bad, stort, toilet en wasbak. Dié woonstel het toegang tot 'n privaat balkon.

Albei woonstelle beskik oor 'n oopplan-kombuis wat toegerus is met 'n yskas-vrieskas, stoof, oond, wasmasjien, mikrogolf, broodrooster, basiese eetgerei en breekware, asook tee- en koffiemaakgeriewe. Daar is 'n etenstafel met stoele, en die leefarea met lugversorging is ingerig met 'n sitkamerstel en 'n platskerm-TV. Gratis WiFi is ook beskikbaar en gaste het toegang tot veilige parkeerplek in die motorhuis.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Parkeerplek

  • Veilige Parkering

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Juanita Geverifieer

Eiendomme 37

Resensies 99

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Suikerbossie-weg 38, Gordonsbaai, 7140, Wes-Kaap
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R2 900
per nag (plek vir 4)
Vanaf
Vanaf R2 900
per nag (plek vir 4)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 4 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Suikerbossie-weg 38, Gordonsbaai, 7140, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA9d3726a79a597583b6575547e7c3ddf49efc72306c82bcff9edf81e35c407529181b337286a457d78228b7b5095600f6a356?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 900 per nag (plek vir 4) 38 Suikerbossie Drive Gordon’s Bay 7140 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.1675782 18.8577942

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang