Hardeveld Lodge
- Kapasiteit: 36 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 02:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kambrostraat 1, R363, Nuwerus, 8201, Wes-Kaap
- Vanaf R360 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Hardeveld Lodge is 'n klein lodge wat deur die eienaars, Cobus en Hester Velthuizen, bestuur word. Die lodge is ideaal op die N7-hoofweg tussen Kaapstad en Namibië geleë en is sowat 360 km noord van Kaapstad in die dorpie Nuwerus. Dié lodge is deel van Namakwa Toerisme.
Die lodge beskik oor kampgeriewe met warmwater-ablusiegeriewe, asook gastekamers met privaat badkamers. Die selfsorg-eenhede het hul eie kombuisgeriewe en van die eenhede het 'n ingeboudebraai. Al die eenhede het 'n TV met DStv, asook in die gemeenskaplike sitarea. Ontbyt en aandete is op versoek beskikbaar. Die lodge is troeteldiervriendelik met 2 aparte troeteldiervriendelike eenhede wat omhein is.
Daar is verskeie besienswaardighede en doendinge in die omgewing waaronder die veldblomme tydens seisoen en verskeie skaars vetplant-spesies. Besoek die vetpantkwekery in Vanrhynsdorppad of gaan op 'n skilderagtige 4x4-sirkelroete via die Weskus, Groenrivier en Garies. Die beste manier om die klein plantjuwele tussen groter plante en rotse te ontdek is steeds te voet, en dit sal die fotograaf ryklik beloon. Daar is ook bergfietsroetes in 'n veilige omgewing.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Hester Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 70
Op LekkeSlaap 14 jaar
Ligging
- Kambrostraat 1, R363, Nuwerus, 8201, Wes-Kaap
- Gaste dink Hardeveld Lodge het ’n baie goeie ligging
- Kapasiteit: 36 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 02:00 tot 21:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Kambrostraat 1, R363, Nuwerus, 8201, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang