Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Hardeveld Lodge

  • Kapasiteit: 36 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 02:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kambrostraat 1, R363, Nuwerus, 8201, Wes-Kaap
  • Vanaf R360 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Hardeveld Lodge is 'n klein lodge wat deur die eienaars, Cobus en Hester Velthuizen, bestuur word. Die lodge is ideaal op die N7-hoofweg tussen Kaapstad en Namibië geleë en is sowat 360 km noord van Kaapstad in die dorpie Nuwerus. Dié lodge is deel van Namakwa Toerisme.

Die lodge beskik oor kampgeriewe met warmwater-ablusiegeriewe, asook gastekamers met privaat badkamers. Die selfsorg-eenhede het hul eie kombuisgeriewe en van die eenhede het 'n ingeboudebraai. Al die eenhede het 'n TV met DStv, asook in die gemeenskaplike sitarea. Ontbyt en aandete is op versoek beskikbaar. Die lodge is troeteldiervriendelik met 2 aparte troeteldiervriendelike eenhede wat omhein is.

Daar is verskeie besienswaardighede en doendinge in die omgewing waaronder die veldblomme tydens seisoen en verskeie skaars vetplant-spesies. Besoek die vetpantkwekery in Vanrhynsdorppad of gaan op 'n skilderagtige 4x4-sirkelroete via die Weskus, Groenrivier en Garies. Die beste manier om die klein plantjuwele tussen groter plante en rotse te ontdek is steeds te voet, en dit sal die fotograaf ryklik beloon. Daar is ook bergfietsroetes in 'n veilige omgewing.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Troeteldiere op versoek

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 71 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.7
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Arno H
Gesin met klein kinders
5.0
Fantasties. Baie lekker plek en baie geleë vir as jy ver ry.
Des 2024
Andra B
5.0
Vriendelike, netjiese verblyf! Hardeveld is netjies en ons is baie vriendelik ontvang! Heerlik geslaap.
Aug 2024
Anika G
Besigheidsreis
5.0
A hidden gem! Sal beslis weer daar boek. Ek was baie impressed with die plek en het die tyd wat ek daar gebly het baie geniet!
Jul 2024
Hildegarde B
Saam met lewensmaat
4.8
Perfek vir oorslaap/basis by die grootpad. Ruim, gerieflik en silwerskoon. Dis perfek vir as jy noord en suid wil gaan in blommetyd.
Aug 2024
Dane D
Saam met vriende
4.6
Very pleasant. The owner is very friendly and helpful, the property neat and clean, and the grounds well cared for. We very much enjoye...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Sep 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Hester Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 71

Op LekkeSlaap 14 jaar

Ligging

  • Kambrostraat 1, R363, Nuwerus, 8201, Wes-Kaap
  • Gaste dink Hardeveld Lodge het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Nuwerus Weskus Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R 360
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 360
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 36 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 02:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kambrostraat 1, R363, Nuwerus, 8201, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDY0M2YzMjJmLTQwNzUtNDE1My1hMTYyLTE4Njg2MjUwMWEwMg?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R360 per nag, vir 2 mense 71 5 1 5 1 Kambro Street R363 8201 Wes-Kaap 021 201 8901 02:00-21:00 10:00 -31.148209 18.359419

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang