Hardy-da Forest Cottage
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 persone
- Geen kinders onder 10
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Erfdeel 38, PTN 16, Bellevue, Witrivier, 1240, Mpumalanga
- Vanaf R890 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Hardy-da Forest Cottage skuil in die bekoorlike plaasdorpie Witrivier in Mpumalanga. Die kothuis word deur 'n diverse verskeidenheid plante omring en daar is ook verskeie voëls en ander diere wat hierdie die ideale plek vir natuurliefhebbers maak.
Dié selfsorgkothuis het slaapplek vir 2 gaste en beskik oor 'n knus slaapkamer met 'n koninggrootte-bed. Daar is ook area met 'n gemakstoel waar gaste kan ontspan en uitsigte oor die woud kan geniet. Die badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Linne en badhanddoeke word voorsien.
Die leefarea beskik oor 'n kombuisie wat met 'n yskas, gasstoof, ketel, mikrogolfoond, broodrooster, eetgerei en breekware toegerus is. Die knus sitarea het 'n klein etenstafel, gemaklike sitplek en 'n TV met DStv. Dit lei na 'n houtdek met 'n vuurput en 'n Weber-braai onder skadubome. 'n Swembad word via die dek bereik.
Bosch Pottery Studio en Eloff Gallery is 300 m ver en Casterbridge Lifestyle Centre 8,3 km is ver.
Uplands College is ongeveer 12 km ver. Die Kruger Mpumalanga Internasionale Lughawe is 10 km se ry vanaf die verblyf.
Dít is wat jy hier sal kry
Ligging
- Erfdeel 38, PTN 16, Bellevue, Witrivier, 1240, Mpumalanga
Sien meer verblyf in Witrivier Panoramaroete Mpumalanga
- Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 2 persone
- Geen kinders onder 10
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Erfdeel 38, PTN 16, Bellevue, Witrivier, 1240, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang