Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Harmonie

  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Harmoniestraat 8, Wolseley, 6830, Wes-Kaap
  • Vanaf R700 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Harmonie is 'n selfsorgwoonstel wat aan die eienaar se hoofhuis grens en dit het 'n privaat ingang. Hierdie woonstel is in Wolseley geleë. Dit is die ideale opsie vir paartjies, vakansiegangers en sakereisigers.

Dié eenheid bied gerieflike slaapplek aan 2 gaste en beskik oor 'n oopplan-slaaparea en 'n en suite-badkamer. Die slaaparea het 2 driekwartbeddens en die badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak. Gehaltelinne en badhanddoeke word voorsien.

Die eenheid het 'n kombuisie wat met 'n tweeplaatstoof, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, ketel, eetgerei, breekware en koffie- en teemaakgeriewe toegerus is. Verder het die woonstel ook 'n TV met die volle DStv-pakket en gratis WiFi.

Buite is daar 'n privaat braai-area wat gaste kan geniet. Die woonstel is met 'n gasgeiser en herlaaibare ligte toegerus. Veilige parkeerplek agter 'n hek is beskikbaar.

Kamer-opset

Slaapplek vir 2 mense 1 Slaapkamer 1 Badkamer, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
TV
Lugversorging
DStv
Braai

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 16 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.9
Diens
5.0
Veiligheid
4.9
Gaste se hoogtepunte
Willeatha M
Saam met lewensmaat
5.0
Pragtige plekkie. Sal aanbeveel. Baie oulike plek en skoon, baie rustige omgewing. Alles wat ons nodig gehad het, was daar. Ek hou daarvan dat dit pri...
Sien meer
Nov 2024
Nicola G
Saam met lewensmaat
5.0
Modern, clean & stylish. It was very nice. The accommodation was clean and very modern/stylish. It had everything we needed. Very good ...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Nov 2024
Michelle M
Saam met lewensmaat
5.0
Baie oulik en goeie waarde vir geld. Baie oulik en lekker.
Nov 2024
Adrie B
Saam met lewensmaat
5.0
Weg breek. Ja, ons het baie lekker gebly, rustig.
Sep 2024
Carika G
5.0
Gasvrou reageer baie gou op navrae. Voel veilig. My 2de keer wat ek daar kuier. Het baie lekker gebly.
Aug 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

5/5

Louise Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 16

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Harmoniestraat 8, Wolseley, 6830, Wes-Kaap
  • Gaste dink Harmonie het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Wolseley Boland Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R 700
per nag (plek vir 2)
Vanaf
Vanaf R 700
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 2 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Harmoniestraat 8, Wolseley, 6830, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAe726b08c3992ccf82a2c35db0af6cd74307f863e5cab897550796a249fd7565e4649b95533a4876fd60ad3ee3fa283bdeb7e?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R700 per nag (plek vir 2) 16 5 1 5 8 Harmonie Street Wolseley 6830 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-20:00 10:00 -33.41175901253 19.204865263616

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang