Hart & Siel
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.7/5
Jattie Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 32
Op LekkeSlaap 6 jaar
Opsomming van Resensie
Ben K - Sep 2024
Algehele gradering
Uitstekende groep verblyf teen goeie prys.
Hart & Siel se terugvoer
Ben julle was so aangename groep mense om hier te kon huisves, so tuis gevoel met julle hele groep.
Sal julle definitief aanbeveel vir enige gastehuis eienaars.
Julle was net 'n plesier hier.
Hoop ons sien julle
Groete
Michelle E - Jun 2024
Algehele gradering
Natuur rustigheid.
Hart & Siel se terugvoer
Michelle, dit was net 'n plesier om julle hier te kon hê.
Ons het dieselfde ervaring van julle, mense met goeie harte en warm siele! Ons hoop om julle weer eendag hier te kan verwelkom.
Baie dankie vir die terugvoer, ons waardeer dit baie.
Groete, Johan & Jattie
Leon L - Mei 2024
Algehele gradering
Gasvryheid in 'n mooi omgewing. Waarde vir geld.
Hart & Siel se terugvoer
Leon, dit werk van beide kante af... julle as gaste maak dit vir ons so maklik om met julle te kan "connect". Dit was vir ons 'n baie aangename ervaring om julle te kon ontmoet en lekker te kon gesels.
Ons kan julle enige tyd aanbeveel by enige ander gaste-eenhede, julle was 'n fees om hier te kon hê!
Hoop ons sien julle regtig weer binnekort.
Groete
Jattie & Johan
Tamaryn D - Apr 2024
Algehele gradering
Voel soos huis.
Hart & Siel se terugvoer
Julle was die mees fantastiese gaste. Het dadelik tuis gevoel met julle en die kiddies.
Dankie baie vir jou terugvoer, ons sal julle enige tyd weer en weer hier verwelkom. Groete aan almal, Jattie & Johan.
Annuchka O - Mrt 2024
Algehele gradering
Calm.
Hart & Siel se terugvoer
Hi Annuchka,
It was lovely to accommodate you at Hart & Siel.
Thank you so much for the feedback. I am really open to any requests from my guests. I wonder where else I would be able to assist with their needs without their honest feedback. So that's exactly what we have done.
We have put a fan in the main bedroom as well, and this was a super idea from your side.
We'd love to have you here again.
Greetings, Johan & Jattie
Grant V - Feb 2024
Algehele gradering
Wonderful, relaxing, peaceful and great hosts.
Hart & Siel se terugvoer
Good day Grant
Thank you for the wonderful reply on Hart & Siel. We were the privileged ones to have had you here with us.
You were wonderful guests and we would welcome you anytime again!
Greetings
Jattie
Diané D - Jul 2024
Algehele gradering
Rustig en gemaklik.
Hart & Siel se terugvoer
Hi Diane
Baie dankie vir jou terugvoer.
Ek is bly julle het dit geniet en die rustigheid van die plaas ook kon ervaar.
Dit is my wens dat elkeen wat hier oorslaap, daardie vrede kan ervaar.
Kom gerus weer hoor.
Groete
Jattie
Johan W - Apr 2024
Algehele gradering
Rustig en ontspanne.
Hart & Siel se terugvoer
Dit was net een groot plesier om jou hier te kon verwelkom. Dis heerlik om so tuis te kan voel met ons gaste, 'n bonus! Dankie ook vir jou terugvoer. Groete, Jattie
Anonieme gas - Apr 2024
Algehele gradering
Jeanine M - Mrt 2023
Algehele gradering
Wat 'n absolute wonderlike ervaring! Beveel vir almal aan.
Lees meerHart & Siel se terugvoer
Jeanine, dit was net n plesier om jou hier te kon verwelkom. Tyd is net altyd te min saam met gaste. Ons is bewus hul kom vir werk, of vir n funksie/troue, dus is die tyd saam hulle net altyd te kort.
Baie dankie vir jou terugvoering, dit is werklik wat ons naam uitdra. By Hart & Siel wil ons in n kort tydjie betrokke raak by os gaste.
Kom gerus enige tyd weer.
Groete,
Johan & Jattie
Francois G - Mrt 2023
Algehele gradering
Uitstekende verblyf.
Hart & Siel se terugvoer
Francois
Dit was so groot plesier om jou hier te kon hê!
Dit is so lekker vir ons om persoonlik ons gaste te kan verwelkom en tuis te kan laat voel. Ons streef daarna om daardie persoonlike kontak met elke een te kan hê.
Ons hoop rerig om jou weer hier te kan verwelkom.
Groete Johan & Jattie
Susan C - Okt 2023
Algehele gradering
Really, really wonderful!
Hart & Siel se terugvoer
Susan, it was so lovely to meet you and accommodate you at Hart & Siel. We would love to have you here any time again. It's so nice to connect with people and immediately feel acquainted. I really hope to see you soon. Greetings, Johan & Jattie.
Kenneth H - Apr 2023
Algehele gradering
Baie rustig en stil.
Hart & Siel se terugvoer
Hi Kenneth, jy was so 'n gemaklike gas. Dit was 'n plesier om jou te kon huisves. Hoop ons sien jou weer, dankie vir die positiewe terugvoering. Groete, Jattie
Vilet K - Aug 2023
Algehele gradering
Effektiewe verblyf.
Hart & Siel se terugvoer
Goeiedag Vilet
Baie dankie vir jul terugvoer.
Wat n aangename gesin!! Dit was vir ons n voorreg om jul hier te kon hê.
Dit is net n plesier om julle te kon huisves en ons hoop om julle binnekort weer hier te kan verwelkom.
Groete
Jattie
Simone L - Apr 2023
Algehele gradering
It was lovely. Welcoming was great too.
Hart & Siel se terugvoer
Hi Simone
Thank you so much for your feedback.
We fixed the lock, it only needed a bit of Q10, but we're so glad you brought it to our attention, so we could fix it.
We would love to see you again
Jattie & Johan
Tiaan J - Okt 2022
Algehele gradering
Hulle gaan uit die pad uit.
Hart & Siel se terugvoer
Hi Tiaan
Ek is so bly julle het die verblyf hier geniet. My probleem is net altyd dat ek so graag my gaste nog beter sou wou leer ken en te kon bederf in die tydjie wat hul hier vertoef.
Julle moet beslis weer kom sodat ons meer tyd aan jul kan bestee.
Dit was net n plesier om reg te kon staan vir julle!
Groete
Jattie
Koos P - Apr 2022
Algehele gradering
Baie oulike plekkie.
Hart & Siel se terugvoer
Thank you Koos, I appreciate your feedback.
I would like to say, if I could recommend a guest to any guesthouse, it would be you.
I have never had a guest that left my unit in such a neat condition. It seems that there were never anyone in the unit at all.
You are most welcome to visit any time, we'd love to accommodate you again.
Jattie
Lelani V - Okt 2022
Algehele gradering
Very clean and nicely decorated. Loved our stay there.
Hart & Siel se terugvoer
Hi Lelani
Baie dankie vir jou positiewe terugvoer.
Dit was so lekker om julle hier te kon huisves! Die kuier tydjie is net altyd te kort.
Julle sal beslis weer moet kom!
Ons sal graag julle behoorlik wil bederf en leer ken.
Groete
Jattie
Suanne G - Des 2021
Algehele gradering
Snoesig en tuis.
Hart & Siel se terugvoer
It was such a blessing for us to accommodate you on the farm, it was like you said, it feels like family.
We are so fulfilled to know that you had such a lovely stay.
We would love to see you again.
Thanks again for the feedback.
Erika L - Okt 2021
Algehele gradering
Vandat ons daar aangekom tot die laaste dag het dit gevoel ons kuier by familie op die plaas.
Lees meerHart & Siel se terugvoer
Dit was net een groot plesier om julle hier te kon akkomodeer Erika! Julle het inderdaar soos familie vir ons ook gevoel, ons moes ons wegskeur om julle jul privaatheid te kon gee! Was so lekker om julle te kon ontmoet en sal baie graag julle weer hier wil kan huisves.
Baie groete en liefde!!
Jattie & Johan
Adolph S - Apr 2021
Algehele gradering
Baie aangename oornag-verblyf.
Hart & Siel se terugvoer
Adolph dit was net n plesier om julle hier te kon huisves. Kom gerus weer.
Groete,
Jattie
Minette B - Mei 2021
Algehele gradering
Vriendelikste diens.
Hart & Siel se terugvoer
Dit is so goed om van julle te verneem. Ek is baie dankbaar jul het die tydjie hier by ons geniet.
Dit was n voorreg om julle te kon ontvang en ontmoet, kom gerus weer!!
Vernodi H - Jan 2020
Algehele gradering
Enige tyd weer!
Hart & Siel se terugvoer
Dankie Vernodi.
Onthou dit werk na twee kante toe, julle was net sulke vriendelike en gemaklike gaste. Dit was nie een oomblik vir ons moeilik om julle tuis te laat voel nie. Kom gerus weer hoor.
Hermanus A - Sep 2019
Algehele gradering
'n Nagrus met 'n moderne plaasgevoel.
Hart & Siel se terugvoer
Manie
Baie dankie vir die terugvoer, ek waardeer dit opreg. Dit gee my altyd 'n warm gevoel om die hart om sulke terugvoer te kan ontvang. My eerste prioriteit is regtig om die gaste om hul gemak te kan stel en te verseker hul verblyf word aangenaam ervaar.
Ons sal julle enige tyd weer hier wil verwelkom, hou dit in gedagte. Ek het dit ook geniet om te kon sien die seuns geniet die oop veld en plaas atmosfeer, en dat hulle so gemaklik rondbeweeg het op die perseel.
Groete
Jattie
Anri W - Mei 2019
Algehele gradering
Baie lekker plekkie om te bly. Ek beveel dit aan!
Rika P - Apr 2019
Algehele gradering
Absolute 5 star treatment! Such a fresh, beautiful and tranquil location!
Hart & Siel se terugvoer
Rika,
Thank you so much for the incredible feedback about your stay at Hart & Siel. It is really appreciated. It is our mission to make any guest to feel like family. Thank you for experiencing it as well. Look forward to welcoming you back anytime. Always a pleasure to serve.
Jattie & Johan
Jessica V - Sep 2019
Algehele gradering
Home away from home!
Hart & Siel se terugvoer
Hi Jessica,
Dit was net 'n plesier om julle hier te kon verwelkom. Baie dankie vir die goeie terugvoer, ons waardeer dit opreg. Julle is enige tyd welkom om sommer net 'n lekker brekie te vat, weg van die gewoel van die stad, ons sal julle baie graag weer wil sien.
Groete
Jattie
Josy S - Apr 2019
Algehele gradering
Gasvryheid en hulpvaardig van die bespreking tot die vertrek!
Hart & Siel se terugvoer
Christo dit was net een groot plesier om julle hier te kon hê. Dit is altyd lekker om vooraf te weet indien dit n baie spesiale geleentheid is, dan stel dit my as gasvrou in staat om net nog meer moeite te doen om jul belewenis ekstra spesiaal te kan maak.
Kom gerus weer, julle is baie welkom!!
Schalk K - Nov 2019
Algehele gradering
Baie aangenaam en baie lekker.
Hart & Siel se terugvoer
Dit was net een groot plesier om julle hier te kon verwelkom!
Julle moet gerus weer kom en ons hoop om julle gou weer te sien.
Groete
Corrie V - Mei 2019
Algehele gradering
Heerlik by opregte gasvrye mense gekuier.
Hart & Siel se terugvoer
Goeiedag Corrie,
Ek is werklik dankbaar vir jul terugvoer. Dit is voorwaar waarna ons strewe by Hart & Siel, en dit is om mense se harte te leer ken en dat hul sielerus hier sal ondervind.
Julle was baie aangename gaste en sal julle enige tyd terug verwelkom.
Kom gerus weer
Groete
Jattie
Marlize A - Jan 2019
Algehele gradering
Rus en vrede.
Hart & Siel se terugvoer
Goeiedag Marlize,
Baie dankie vir die terugvoer, dit word baie waardeer, en beteken ongelooflik baie.
Ek is regtig bly julle het die tyd geniet.
Ek beplan om day-beds in die eenhede aan te bring, asook TV's in die eenhede te installeer. Die behoefte wat jy gehad het vir 'n ekstra bed het my besluit om daarna te kyk. Dus, baie dankie, ek waardeer enige terugvoer of voorstelle om net die beste aan my gaste te kan bied!
Kom gerus weer,
Groete
Jattie
Lynnette V - Des 2018
Algehele gradering
Wonderlik.
Hart & Siel se terugvoer
Ek waardeer jul terugvoer baie.
Ek is bly dat ek aan al jul behoeftes kon voorsien en dit was net n plesier om vir julle van diens te kon wees. Kom gerus weer, sal julle graag weer wil huisves.
Groete,
Jattie
XXX
- Kapasiteit: 10 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Langs die R53, Hartebeestpoortje-plaas, Potchefstroom, 2531, Noordwes
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang