Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Hart & Siel

Spesiale Aanbod 15% af

Kry 15% af (minimum twee nagte se verblyf). Geldig vir verblyf vanaf 23 Sep 2024 tot 29 Sep 2024.

  • Kapasiteit: 10 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R53, Hartebeestpoortje-plaas, Potchefstroom, 2531, Noordwes
  • Vanaf R700 R595 per nag (plek vir 2)

Beskrywing

Hart & Siel is op 'n plaas in die bosveld en bied gerieflike gemeubileerde verblyf tussen Parys en Potchefstroom.

Verblyf is beskikbaar in 4 eenhede, naamlik Geloof, Hoop, Liefde en Vrede. Die eenhede het lugversorging, dubbelbeddens of koningingrootte-beddens en 'n badkamer met 'n stort of 'n bad.

Elk van die eenhede Geloof, Hoop en Liefde het 'n volledige toegeruste kombuis met 'n mikrogolfoond, Snappy Chef-kookgeriewe, 'n yskas-vrieskas en tee- en koffiemaakgeriewe.

Die Vrede gesinseenheid beskik ook oor 'n toegeruste kombuis met 'n mikrogolfoond, gasstofie met 'n oondjie, groot yskas-vrieskas, en tee-en koffiemaakgeriewe. Wi-Fi is beskikbaar.

Elke eenheid het privaat braaigeriewe en onderdakparkeerplek agter 'n afstandbeheerhek.

Verskeie aktiwiteite word in Parys aangebied, soos 4x4-roetes, voëlkyk, kunsvlieghengel, riviervlotvaart, kajakvaart, abseil, bergfietsry, vierwielmotorfietsry, verfbal, warmlugballonvlugte asook boogskiet.

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Maaltye Aangebied

  • Tee

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 32 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.3
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.8
Wat gaste dink
Ben K
5.0
Uitstekende groep verblyf teen goeie prys. Jattie het ons baie tuis laat voel en ons het as familie groep heerlik gebly. Die eenhede is baie gemaklik,...
Sien meer
Sep 2024
Michelle E
Saam met lewensmaat
5.0
Natuur rustigheid. Vriendelike verwelkoming. Was so rustig net soos die naam sê, mense met goeie hart en warm siel.
Jun 2024
Leon L
Gesin met tieners
5.0
Gasvryheid in 'n mooi omgewing. Waarde vir geld. Johan en Jattie het moeite gedoen om die naweek 'n eersteklas ervaring te maak. Ons het regtig tuis g...
Sien meer
Mei 2024
Tamaryn D
5.0
Voel soos huis. Ons het heerlik gebly. Jattie en Johan is baie vriendelik en gasvry. Mens voel dadelik tuis. Die plekkies is pragtig, netjies en goed ...
Sien meer
Apr 2024
Annuchka O
Saam met lewensmaat
5.0
Calm. The host is very friendly and we were received with a warm welcome. They have solar so load shedding is not an issue. The only th...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mrt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Jattie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 32

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Langs die R53, Hartebeestpoortje-plaas, Potchefstroom, 2531, Noordwes
  • Gaste dink Hart & Siel het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Potchefstroom Noordwes
Vanaf R700
R700 R595
per nag (plek vir 2)
Vanaf R700
R700 R595
per nag (plek vir 2)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 10 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Langs die R53, Hartebeestpoortje-plaas, Potchefstroom, 2531, Noordwes
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAe4694a6c5d69f9c06b1bfc542c5b3c6619e9f3b7df0b27290ff98cf47223e4b76e722991c1c0fc3aa584f9ca368c5d93224b?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R700 nouVanaf R595 per nag (plek vir 2) 32 5 1 5 Off the R53 Farm Hartebeestpoortje 2531 Noordwes 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -26.746813500106 27.297964488628

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang