Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported
Waarheen is jy op pad?
Datums
2 Gaste

Hartebeeskraal House and Cottage

  • Kapasiteit: 15 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Hartebeeskraal, Wemmershoekweg, Paarl, 7624, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 600 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Hartebeeskraal House and Cottage is op 'n plaas geleë wat aan die voet van die Klein-Drakensteinberge in die hartjie van die Wynlande geleë is. Die plaas lê tussen die 2 bekende gholfbane, Boschenmeer en Pearl Valley, asook die polo-landgoed Val de Vie.

Verblyf word gebied in 2 selfsorg-eenhede, naamlik die Kothuis en die Huis. Die kothuis het slaapplek vir 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea met lugversorging. 2 van die slaapkamers het koninggrootte-beddens, en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is 'n stapelbed in die 4de kamer. Die badkamer is toegerus met 'n stort en 'n bad. 'n Tweede toilet en buitelugstort kan buite gevind word.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en beskik oor 'n Smeg-gasstoof, elektriese oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, en eetgerei en breekware asook 'n skottelgoedwasser. Daar is ook 'n ontbytkroeg met stoele. Die sitkamer het 'n gemaklike sitkamerstel en 'n TV met volledige DStv-kanale. Die kothuis het 'n binne- en buitebraai-area asook sy eie privaat binnehof.

Die huis kan tot 7 gaste akkommodeer en beskik oor 3 slaapkamers, 3,5 badkamers, 'n volledig toegeruste kombuis en 3 leefareas. Die eerste slaapkamer is ingerig met 'n koninggrootte-bed en en suite-badkamer, die tweede slaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en 'n enkelbed, en die derde slaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en en suite-badkamer (slegs stort).

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en beskik oor 'n stoof, oond, 'n dubbeldeur yskas-vrieskas, mikrogolfoond, en eetgerei en breekware. Al die leefruimtes het TV's met volledige DStv-kanale. Gratis WiFi-toegang word ook voorsien.

Daar is twee stoepe wat oor die ruim tuin en die wingerde uitkyk. Die huis het binne- en buitebraai-areas, asook 'n swembad en houtvuur-bubbelbad.

Doendinge in die omgewing sluit staproetes en voëlkyk in. Die hoofhuis is slegs beskikbaar vanaf 20 Desember tot 5 Januarie

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
WiFi
Swembad

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 21 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.5
Veiligheid
4.9

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Tania Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 21

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Hartebeeskraal, Wemmershoekweg, Paarl, 7624, Wes-Kaap
  • Gaste dink Hartebeeskraal House and Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Paarl Boland Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R 1 600
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 1 600
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 15 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Hartebeeskraal, Wemmershoekweg, Paarl, 7624, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAATILAn3yOYEWZZolpIaSdgS36cUgn20iwjeeTn6h7FITnCwFoGr?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 600 per nag, vir 2 mense 21 5 1 5 Hartebeeskraal Wemmershoek Road 7624 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-20:00 11:00 -33.782174825976 19.000881314278

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
303112345678910111213141516171819202122232425262728293031123456789
Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
303112345678910111213141516171819202122232425262728293031123456789