Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Hartebeeskraal House and Cottage

  • Kapasiteit: 15 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Hartebeeskraal, Wemmershoekweg, Paarl, 7624, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 600 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Hartebeeskraal House and Cottage is op 'n plaas geleë wat aan die voet van die Klein-Drakensteinberge in die hartjie van die Wynlande geleë is. Die plaas lê tussen die 2 bekende gholfbane, Boschenmeer en Pearl Valley, asook die polo-landgoed Val de Vie.

Verblyf word gebied in 2 selfsorg-eenhede, naamlik die Kothuis en die Huis. Die kothuis het slaapplek vir 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers, 1 badkamer en 'n oopplan-kombuis en -leefarea met lugversorging. 2 van die slaapkamers het koninggrootte-beddens, en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is 'n stapelbed in die 4de kamer. Die badkamer is toegerus met 'n stort en 'n bad. 'n 2de toilet is buite.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en beskik oor 'n Smeg-gasstoof, elektriese oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, en eetgerei en breekware asook 'n skottelgoedwasser. Daar is ook 'n ontbytkroeg met stoele. Die sitkamer het 'n gemaklike sitkamerstel en 'n TV met volledige DStv-kanale. Die kothuis het 'n binne- en buitebraai-area asook sy eie privaat binnehof.

Die huis kan tot 7 gaste akkommodeer en beskik oor 3 slaapkamers, 3,5 badkamers, 'n volledig toegeruste kombuis en 3 leefareas. Die eerste slaapkamer is ingerig met 'n koninggrootte-bed en en suite-badkamer, die tweede slaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en 'n enkelbed, en die derde slaapkamer is ingerig met 2 enkelbeddens en en suite-badkamer (slegs stort).

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en beskik oor 'n stoof, oond, 'n dubbeldeur yskas-vrieskas, mikrogolfoond, en eetgerei en breekware. Al die leefruimtes het TV's met volledige DStv-kanale. Gratis WiFi-toegang word ook voorsien.

Daar is twee stoepe wat oor die ruim tuin en die wingerde uitkyk. Die huis het binne- en buitebraai-areas, asook 'n swembad en houtvuur-bubbelbad.

Doendinge in die omgewing sluit staproetes en voëlkyk in. Die hoofhuis is slegs beskikbaar vanaf 20 Desember tot 5 Januarie

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek

Aktiwiteite op perseel

  • Voëlkyk
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Bergfietsroetes

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 20 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.9
Diens
4.5
Veiligheid
4.9
Wat gaste dink
Philip E
Saam met lewensmaat
5.0
A fantastic oasis of tranquility. Fantastic! The setting is beautiful and tranquil. This is the fourth time we stayed in this accommoda...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Mei 2024
Louise H
5.0
Ongelooflik lekker. Ons het ongelooflik lekker gekuier en was perfek geleë vir al die plekke wat ons wou besoek. Alles wat mens nodig het vir geriefli...
Sien meer
Jul 2023
Suzanne D
Saam met vriende
4.8
Heerlike, ruim, gemaklike verblyf naby die Paarl - wat 'n belewenis! By Hartebeeskraal Cottage het ons 3 onvergeetlike dae spandeer saam met vriende w...
Sien meer
Apr 2023
Erika Z
4.6
N gemaklike kuier in 'n pragtige huis op 'n plaas, naby aan 'n naweekmark. Ons het baie lekker gebly! Lekker groot kombuis met binne-braai, mooi houtv...
Sien meer
Jun 2024
Alichia N
Gesin met tieners
5.0
Rustige plaas lewe. Gerieflik en prakties ingerig. Die cottage is lekker ruim, groot slaapkamers en 'n ruim badkamer. Die buite toilet was buite werki...
Sien meer
Okt 2022

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Tania Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 20

Op LekkeSlaap 11 jaar

Ligging

  • Hartebeeskraal, Wemmershoekweg, Paarl, 7624, Wes-Kaap
  • Gaste dink Hartebeeskraal House and Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Paarl Boland Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R1 600
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 600
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 15 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 11:00
  • Adres: Hartebeeskraal, Wemmershoekweg, Paarl, 7624, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAATILAn3yOYEWZZolpIaSdgS36cUgn20iwjeeTn6h7FITnCwFoGr?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 600 per nag, vir 2 mense 20 5 1 5 Hartebeeskraal Wemmershoek Road 7624 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-20:00 11:00 -33.782174825976 19.000881314278

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang