Hartebeeskraal House and Cottage
- Kapasiteit: 15 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Hartebeeskraal, Wemmershoekweg, Paarl, 7624, Wes-Kaap
- Vanaf R1 600 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Hartebeeskraal House and Cottage is op 'n plaas aan die voet van die Klein-Drakensteinberge in die hartjie van die wynlande geleë. Die plaas is tussen 2 beroemde gholfbane, Boschenmeer en Pearl Valley, sowel as die polo-landgoed Val de Vie.
Verblyf word in 2 selfsorgeenhede, die Kothuis en die Huis, gebied. Die kothuis bies slaapplek aan 8 gaste een beskik oor 4 slaapkamers, 1 badkamer en 'n oopplankombuis en leefarea met lugversorging. 2 van die slaapkamers het elk koninggrootte-beddens en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens. Daar is 'n stapelbed in die vierde kamer. Die badkamer het 'n stort en 'n bad. Daar is 'n tweede toilet buite.
Die kombuis is vir selfsorg toegerus met 'n Smeg-gasstoog, elektriese oond, yskas-vrieskas, mikrogolf, en eetgerei en breekware, sowel as 'n skottelgoedwasser. Daar is ook 'n ontbyttoonbank met stoeltjies. Die sitarea het 'n gemaklike sitkamerstel en 'n TV met die volle DStv-pakket. Die kothuis het 'n binne- en buitebraai-area sowel as 'n privaat binnehof.
Die Huis bied slaapplek aan 7 gaste en beskik or 3 slaapkamers, 3.5 badkamers, 'n volledig toegeruste kombuis en 3 leefareas. Die eerste slaapkamer het 'n koninggrootte-be en 'n en suite-badkamer, die tweede slaapkamer het 'n dubbelbed en 'n enkelbed, en die derde slaapkamer het 2 enkelbeddens en 'n en suite-badkamer wat slegs 'n stort het.
Die kombuis is vir selfsorg toegerus met 'n stoof, oond, dubbeldeur-yskas-vrieskas, mikrogolf en eetgerei en breekware. Al die leefareas het TV's met die volle DStv-pakket. Gratis Wi-Fi is beskikbaar.
Daar is twee stoepe met 'n uitsig oor die tuin en die wynlande. Die huis het binne- en buitebraai-areas, sowel as 'n swembad en 'n houtvuurwarmbad.
Aktiwiteite in die omgewing sluit voetslaanpaaie en voëlkyk in. Die hoofhuis is slegs vanaf 20 Desember tot 5 Januarie beskikbaar.
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Skoonmaakdiens Op Versoek
Aktiwiteite op perseel
- Voëlkyk
- Bergfietsroetes
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Wynproe
- Fietsry
- Bergfietsroetes
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Gaste se hoogtepunte
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Tania Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 21
Op LekkeSlaap 11 jaar
Ligging
- Hartebeeskraal, Wemmershoekweg, Paarl, 7624, Wes-Kaap
- Gaste dink Hartebeeskraal House and Cottage het ’n uitstekende ligging
- Kapasiteit: 15 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 11:00 - Adres: Hartebeeskraal, Wemmershoekweg, Paarl, 7624, Wes-Kaap
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang