Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Hartenbos Landgoed 142

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 22 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.4
Veiligheid
4.8
Annelize B
Kort verblyf Gesin met tieners
4.8
Mrt 2023

Gerieflike en netjiese huis. Veilige omgewing en gerieflike netjiese huis met al die geriewe. Heerlik gebly en veilig gevoel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Colette V
Kort verblyf
4.0
Mrt 2024

Die landgoed is prentjiemooi, en die huis waarlik "huis". Die huis was gerieflik en baie goed ingerig. Toegangsbeheer via selfoon het unieke uitdagings, veral as jou netwerk, soos ons s'n, swak ontvangs daar het. As jy graag by die strand wil uitkom sonder om te ry, is hierdie landgoed dalk nie die beste keuse nie.

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
3.0
Waarde vir geld
4.0

Lourens M
Kort verblyf
3.8
Mei 2024

Lekker gebly. Was netjies en skoon.

Netheid
4.0
Diens
3.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
3.0

Le Roux B
Lang verblyf Saam met vriende
5.0
Des 2022

Dit was Heerlik. Die mense is baie vriendelik en behulpsaam die huis is mooi en modern en ek sal dit aanbeveel vir mense wat wil gaan vakansie hou in Hartenbos.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Marius F
Kort verblyf Gesin met tieners
5.0
Jul 2022

Lekker stil, veilige omgewing. Hartenbos Landgoed nr 142 is alles wat jy soek en toegerus met alles wat jy nodig het om 'n vakansie te geniet. Ons het die huis verskriklik geniet en voel baie veillig. Die omgewing is stil en daar is baie spasie. Ons sal weer gaan. Ek dink net dat die hoofslaapkamer se bed moet vervang word maar verder was alles puik. Baie dankie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Marlene Laetitia
Hartenbos Landgoed 142
Ek gaan beslis aandag aan die hoofslaapkamer se bed gee. Dankie vir die terugvoering.

Jakes S
Lang verblyf Gesin met tieners
5.0
Jan 2022

Verras met gehalte van verblyf. Ek sal weer wil gaan, elke jaar, dit is baie veilig, goed geleë, stil, privaat, ruim, netjies, skoon, alles is net reg. Vakansiegenot op sy beste. Gehelp om heeltemal te kan ontspan.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Sonette D
Kort verblyf Gesin met tieners
4.8
Sep 2021

Baie dankie, ons het heerlik gekuier. Alles tot jou beskikking. Voel soos jou eie huis, maar die rustigheid is wat ons nodig het. Huis is fantasties, sou net verkies dat tieners onder kan slaap, uit ma en pa se voete. Als wat jy nodig het en meer. Die eienaar is altyd behulpsaam met vrae en help altyd. Baie, baie dankie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Luan S
Kort verblyf Gesin met klein kinders
4.0
Apr 2021

Baie Lekker rustig. Kinders het dit baie geniet. Sal def weer gaan.

Netheid
5.0
Diens
0.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Sunette G
Kort verblyf Gesin met klein kinders
3.8
Aug 2021

Familie-bymekaarkom in die middel van winter. Dis 'n baie mooi plekkie, en ons het lekker gekuier. Die kombuis en scullery is goed ingerig en die binnebraai en gas vuur element in die sit area was handig in die winter. Dit het ook gehelp dat elke kamer sy eie badkamer het en groot dubbelmotorhuis. Dit was ek en my man, my broer, sy vrou en ons ouers en 1 kleuter. Ek sal se hou net ingedagte dat die huis nie ideaal is vir klein kinders nie. Die trappe is baie skerp en die reling los (ons het dit reg gemaak, na amper twee insidente van val). Die huis is maar koud in die winter agv die groot vensters, maar sal ideaal wees in somer. Daar word nog komberse benodig in winter. As 'n meenthuis, is die onderste kamer klein met 2 enkelbedjies, en ons idee om die camp cot ook op te slaan in die kamer het nie gewerk nie, en kleintjie het in die sitarea geslaap. Die 2de kamer bo is ook vir kinders met 'n bunk bed, alhoewel onderste een 'n dubbelbed is. Die kamer het ook nie 'n deur voor die badkamer nie. Die hoofslaapkamer met balkon was baie mooi, dit was net moeilik vir my ouers in hul 60's met die trappe. Dit is 'n mooi, netjiese plek wat goed ingerig is, maar miskien nie vir 6 grootmense nie as dit kom by kamers, ek dink meestal sal dit perfek wees vir 'n enkelgesin. Maar Hartenbos was vol en gelukkig was die plekkie nog beskikbaar. Die gaswarmwaterstelsel is net te swak in die winter vir warm storte met genoeg druk, maar die tuimeldroër het handig ingekom. Ons het meeste van die tyd in die huis deurgebring a.g.v. weer en om versigtig te wees met Covid, en dit was gesellig en kon baie nuwe memories as 'n familie maak, Kersboom en al in Aug.

Netheid
5.0
Diens
3.0
Ligging
3.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
3.0

Liesl V
Lang verblyf Saam met vriende
5.0
Jan 2020

Uitstekende waarde vir geld met fantastiese kliëntediens. Ons het ons kuier by Hartenbos Landgoed absoluut terdeë geniet. Marlene en Sankie het ons deurentyd so welkom laat voel, en alles in die huis is net uit die boonste rakke. Ons sal beslis oor en oor hier wil tuisgaan, kon nie vir beter gevra het nie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Marlene Laetitia Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 22

Op LekkeSlaap 8 jaar

Vanaf
Vanaf R2 000
per nag, vir 6 mense
Vanaf
R2 000
per nag, vir 6 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hartenbos Landgoed 142, Hartenbos, 6520, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDk2ZDM1ODcwLTU2ZmEtNGFlMi04ODljLTU2ZDM1ZDIzZWE1Mw?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 000 per nag, vir 6 mense 22 5 1 5 Hartenbos Landgoed 142 Hartenbos 6520 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.111974440557 22.118179714889

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang