Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported
Waarheen is jy op pad?
Datums
2 Gaste

Hartklop Eer die Lewe

Gastehuis
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 08:00
  • Adres: De Jager-straat 18, Colesberg, 9795, Noord-Kaap
  • Vanaf R980 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Hartklop Eer die Lewe is in Colesberg geleë en bied slaapplek aan 8 gaste.

Gaste kan die Melodie- of Harmonie-eenheid bespreek wat elkeen slaapplek vir 4 gaste het. Elke eenheid het 'n dubbel- en 2 enkelbeddens en privaat badkamer. Melodie het 'n bad en Harmonie ’n stort. Daar is 'n kombuis met 'n yskas, 'n mikrogolfoond, koffie- en teemaakgeriewe en eetgerei in elke eenheid.

Geen handdoeke word verskaf nie en gaste moet asb. hul eie handdoeke saambring.

Die verblyf is troeteldiervriendelik. 2 klein hondjies, terapeutiese honde en gidshonde word toegelaat. Indien gaste hul troeteldiere saambring sonder om dit vooraf te reël, sal 'n boete gehef word.

Gaste kan gerus die veilige parkeerplek en braaigeriewe benut. 'n Toesluitmotorhuis is op aanvraag en teen ekstra kostes beskikbaar.

Let asb. daarop dat Hartklop eer die Lewe nie kaartgeriewe het nie.

Respekteer asb. jou gasvrou en gasheer. Laat weet hulle voor middagete van voorlopige aankomstyd.

Colesberg beskik oor tientalle koffiewinkels, restaurante en geskiedkundige besienswaardighede soos die Colesberg-Kemper Museum en die Doornkloof Reservaat.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 160 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.7
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.8
Veiligheid
4.7
Gaste se hoogtepunte
Jo-ann R
Gesin met klein kinders
5.0
Baie dankie vir julle ongelooflike gasvryheid. Perfekte oornagstop vanaf die Kaap.
Sep 2024
Chris Badenhorst B
Gesin met tieners
5.0
Gesellig gevoel of ons by my ouma en oupa gekuier het. Baie lekker gebly. Eienaars baie vriendelik en gasvry.
Jul 2024
Louis Basson B
Gesin met tieners
5.0
Rustig. Alles is mooi gesorteer en ons was tuis gemaak. Geen klagtes nie.
Jun 2024
Elsabe E
Gesin met klein kinders
5.0
Skoon en netjies, waarde vir geld. Vriendelike diens. Dankie! Skoon en netjiese midde-weg oorslaap oppad na die see.
Jun 2024
Pieter S
Gesin met tieners
5.0
Rustig, gemaklik en veilig. Ons het baie lekker oornag en sal enige tyd weer.
Jan 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.7/5

Louise Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 160

Op LekkeSlaap 7 jaar

Ligging

  • De Jager-straat 18, Colesberg, 9795, Noord-Kaap
  • Gaste dink Hartklop Eer die Lewe het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 980
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 980
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 21:00
    Uitkloktyd: 08:00
  • Adres: De Jager-straat 18, Colesberg, 9795, Noord-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA82df9df522d88b030c9b8cb01af856051a0292544abd0db67e007853a13838d5fed146e82fd12ae4d4d9c875e36ce4679494?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R980 per nag, vir 2 mense 160 5 1 5 18 De Jager Street Colesberg 9795 Noord-Kaap 021 201 8901 14:00-21:00 08:00 -30.728875677518 25.088344627844

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
2526272829301234567891011121314151617181920212223242526272829303112345
Ma.Di.Wo.Do.Vr.Sa.So.
2526272829301234567891011121314151617181920212223242526272829303112345