Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Hart'nDiaz

  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Estoril Villas 92, Diazstrand, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Vanaf R850 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Hart'nDiaz is geleë in Estoril Villas, 'n veilige kompleks in Diaz-strand, tussen Mosselbaai en Hartenbos. Dis net 150 m van die strand en die Diaz-waterpark af. Dis ook stapafstand vanaf verskeie restaurante en winkels.

Dié woonstel het slaapplek vir 6 en beskik oor 2 slaapkamers en 1 badkamer. Die hoofslaapkamer het 'n dubbelbed en die tweede kamer het 'n stapelbed met 'n dubbelbed onder en 'n enkelbed bo. Daar is 'n slaapbank in die leefarea. Die badkamer het 'n bad en stort.

Die sitarea het gemaklike rusbanke, 'n TV met Netflix, Showmax en DStv Now. Daar is ook gratis WiFi. Die kombuis is toegerus met 'n yskas, stoof, ketel, mikrogolfoond, braaipan, broodrooster, eetgerei en breekware. Daar is ook 'n wasmasjien, tuimeldroër, strykyster en haardroër in die eenheid. Beddegoed word voorsien, maar bring asb. jou eie handdoeke saam.

Die leefarea lei na 'n beskutte balkon met skuifvensters. Die balkon het ook 'n ingeboude braai. Daar is veilige parkeerplek onder skadunet op die perseel. Troeteldiere word ongelukkig nie toegelaat nie en rook is streng verbode.

Kamer-opset

Kapasiteit: 6 Aantal kamers: 3 Aantal badkamers: 1
Slaapkamer 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelbed
Slaapkamer 2
Plek vir 2 mense
1 xStapelbed
Area 1
Plek vir 2 mense
1 xDubbelslaapbank
Badkamer

Stort, Bad, Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Braaiplek
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Skoonmaakdiens Op Versoek
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Kunsvlieghengel
  • Visvang
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Konferensiegeriewe

  • Internet
  • Televisie

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Onderdakparkering
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • Bad
  • Stort

Eenheidgeriewe

  • Waaier

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Haardroër
  • Strykyster
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Tv

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 25 resensies

Uitstekend

Netheid
4.2
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.2
Veiligheid
4.8
Wat gaste dink
Yolandi G
Gesin met tieners
5.0
Bitter lekker, voel soos huis, wou nét langer bly! Ligging perfek. Ons het heerlik gebly by Hart'nDiaz. Die woonstel is skoon en netjies, die braaier ...
Sien meer
Mrt 2024
Juanita H
Gesin met tieners
4.8
Heerlike verblyf. Ons sal definitief weer Hart'nDiaz besoek. Sentraal geleë en loopafstand van die strand. Eenheid is goed toegerus met alles wat mens...
Sien meer
Des 2023
Denver C
Gesin met tieners
4.8
Awesome plekkie, gerieflik, veilig en naby aan strand. Waarde vir geld. Kom beslis terug na hierdie gem van 'n plek.
Jan 2023
Hanna V
4.6
Lekker maar was nie ons nie, het te veel soos huis gevoel. Ons sou graag op die grond wou bly waar ons kinders kon speel en bietjie meer wou sien as o...
Sien meer
Apr 2023
Muxe B
Saam met vriende
4.4
Awesome. Stay was very nice, it'll be a weekend to remember.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Jun 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Johannes
Hyronimus ...

Eiendomme 1

Resensies 25

Op LekkeSlaap 6 jaar

Ligging

  • Estoril Villas 92, Diazstrand, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
  • Gaste dink Hart'nDiaz het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R850
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R850
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 15:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Estoril Villas 92, Diazstrand, Mosselbaai, 6500, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA2HhzCUkFbS4cHkQ8qCFuTMaTOGaQY63rAFTm2tGWW7yG0KvsQB?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R850 per nag (plek vir 6) 25 5 1 5 92 Estoril Villas Diaz Beach 6500 Wes-Kaap 021 201 8901 15:00-20:00 10:00 -34.16150416133 22.108818534577

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang