Haus Kopatsch
- Kapasiteit: 9 persone
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Emmett E 6, Kiepersol, 1241, Mpumalanga
- Vanaf R1 000 per nag, vir 2 mense
Beskrywing
Haus Kopatsch is ongeveer 12 km buite Hazyview geleë op 'n rif wat oor die Sabieriviervallei en die Krugerwildtuin uitkyk, in 'n natuurlike bos-omgewing in die middel van die wonderskone en rustige Mpumalanga Laeveld. Die gastehuis is gerieflik uitgerus en word besit en bestuur deur 2 Duitse gashere.
Al die selfsorg-eenhede is uniek gemeubileer met en suite-badkamers, volledig toegeruste kombuise of kombuisies en DStv (Hotelpakket).
Die kamers het boorgatwater wat veilig is vir drink. Geniet 'n luilekker dag langs die gesoute rotspoel en neem die panoramiese uitsig in. Die selfsorg-chalet is perfek vir 4 - 5 persone, volledig toegerus en word daagliks skoongemaak, DStv en sy eie braai-area op 'n groot stoep.
Haus Kopatsch is ideaal geleë vir diegene wat die Krugerwildtuin wil besoek of die besienswaardighede op die platorand soos die Blyderivier-canyon, God's Window, Bourke's Luck Potholes, watervalle, uitkykpunte en Pilgrimsrus. Verken en ervaar die Laeveld vanaf Haus Kopatsch as wegspringpunt.
Dít is wat jy hier sal kry
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.3/5
Albert & Marina Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 10
Op LekkeSlaap 10 jaar
Ligging
- Emmett E 6, Kiepersol, 1241, Mpumalanga
- Gaste dink Haus Kopatsch het ’n goeie ligging
Sien meer verblyf in Kiepersol Hazyview Panoramaroete Mpumalanga
- Kapasiteit: 9 volwassenes
- Geen kinders
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Emmett E 6, Kiepersol, 1241, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang