Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Hawerland

  • Kapasiteit: 30 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hawerlandplaas, Hawerland, Graafwater, 8120, Wes-Kaap
  • Vanaf R600 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Hawerland is op 'n plaas in die Graafwater-omgewing, tussen die dorpe Clanwilliam en Lambertsbaai geleë, en bied gehalteverblyf wat ideaal is vir 'n sorgelose wegbreek, omring deur die natuur. Hierdie elektrisiteit-vrye eenhede is perfek vir wanneer jy net 'n blaaskans van tegnologie nodig het, sonder om luukshede soos warm water prys te gee.

Die verblyf bestaan uit 2 selfsorgkothuise wat elk 4 gaste kan akkommodeer asook 6 karavane waarvan 2 3 gaste en 4 4 gaste kan akkommodeer.

Elke selfsorgkothuis beskik oor 'n hoofslaapkamer met 'n dubbelbed en die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens. Die eenhede is volledig toegerus met eetgerei, breekware en beddegoed en bied ook 'n gasgeiser, gasyskas en 'n gasstoof. Beligting in die nag word verskaf deur sonkrag-gelaaide ligte.

Die karavane beskik oor 'n aparte kombuisie en badkamer met 'n stort. Die karavane maak ook van gas en sonkrag gebruik.

Beide die kothuise en karavane is op die plaas geleë. Daar is 'n privaat braai-area by elk van die eenhede en vuurmaakhout is beskikbaar op die plaas teen 'n ekstra koste.

Daar is 'n gemeenskaplike swembad vir gaste se gebruik asook staproetes vir diegene wat die berge wil invaar. Wanneer die blomseisoen aanbreek, is die plaas 'n ideale plek om die prag van die Namakwalandse blomme te aanskou.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Gratis WiFi

Geriewe

  • Swembad
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Malaria-vrye streek
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Fietsry
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Baarshengel
  • Fietsry
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels

Betaalopsies op Perseel

  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.4/ 5

Gebaseer op 81 resensies

Baie goed

Netheid
4.3
Ligging
4.2
Waarde vir geld
4.4
Diens
4.5
Veiligheid
4.7
Wat gaste dink
Henny H
Saam met lewensmaat
5.0
An unique experience that will have you go back for more. Roedolla and Johan were amazing hosts. Real farm hospitality and unique creat...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Aug 2023
Madri G
Gesin met klein kinders
5.0
Rustig en stil. Ons is baie vriendelik ontvang en met moeite gehelp om die regte paaie te ry vir blomme kyk. Die kinders het die spasie baie geniet en...
Sien meer
Aug 2023
Riaan V
5.0
Fantiese omgewing vir mense wat in natuur belangstel. Plantverskeidenheid vergelyk goed met Niewoudtville.
Jul 2023
Jess B
Saam met lewensmaat
5.0
Awesome. What a great place and even better hosts.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Apr 2023
Hilton P
Saam met lewensmaat
5.0
Uitstekende waarde vir geld wanneer jy wil afskakel en wegkom van die gejaag. Hoogs aan te beveel. Roedolla en Johan laat jou tuis voel van die dag va...
Sien meer
Feb 2023

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.4/5

Roedolla Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 81

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Hawerlandplaas, Hawerland, Graafwater, 8120, Wes-Kaap
  • Gaste dink Hawerland het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart

Sien meer verblyf in

Sederberg Wes-Kaap
Vanaf
Vanaf R600
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R600
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 30 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hawerlandplaas, Hawerland, Graafwater, 8120, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAGzzZDs3do95n5PBQD1yrgic8KVRPZd31rt60da64RO0UVeMZGF?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R600 per nag, vir 2 mense 81 5 1 5 Hawerland Farm Hawerland 8120 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -32.258548676441 18.692837655544

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang