Heaven's Door
- Kapasiteit: 8 persone
- Geen kinders onder 6
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Effingham Parade 54, Trafalgar, Southbroom, 4275, KwaZulu-Natal
- Vanaf R7 000 per nag (plek vir 8)
Beskrywing
Heaven's Door bied luukse selfsorgverblyf in Trafalgar, Southbroom. Hierdie hiper-stylvolle en eksklusiewe vakansievilla is heeltemal onafhanklik van die plaaslike kragnetwerk en spog met prentjiemooi uitsigte oor die Indiese Oseaan. Dit is perfek vir oordeelkundige gaste wat op soek is na 'n strandwegbreek ver van die gedruis van die alledaagse lewe.
Die dubbelverdiepingvilla werk met sonkrag, bied slaapplek aan 8 gaste en beskik oor 4 slaapkamers, 3 badkamers en oopplan-leef- en -kuierareas. Elke slaapkamer het 'n koninggrootte-bed wat oorgetrek is met katoen-perkallinne. Elke kamer het ook 'n slim-TV en bied pragtige uitsigte. Twee van die slaapkamers het elk hul eie en suite-badkamer met 'n groot instapstort en die derde en vierde slaapkamers deel 'n derde badkamer met 'n bad en groot stort.
Die kombuis is volledig toegerus met al die nodige toestelle en kookgerei om maaltye voor te berei. Dit sluit ook 'n aparte opwasarea en waskamer in. Die ruim oopplan-leefarea het 'n slim-TV en rusbanke asook 'n kiaatetenstafel met sitplek waar gaste maaltye saam kan geniet. Die leefarea lei na die stoep met 'n braai-area, gasvuurput, sonstoele, 'n buitestort, 'n sonverhitte randvloeiswembad en 'n Jacuzzi met 'n uitsig oor die see. Daar is ook 'n pooltafel aan die ander kant van die stoep.
Die huis werk met 'n 10 000 liter-waterreinigingstelsel en -stoor en klimaatbeheer met ondervloerse verhitting regdeur die huis. Die huis het ook 'n veilige motorhuis, parkeerplek van die straat af en 'n veiligheidstelsel met sekuriteitstrale.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Stort, Toilet
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Slaapkamer
1 x Koninggrootte-bed
Badkamer
Stort, Bad, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Jacuzzi
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Visvang
- Swem
Hier praat ons
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Onderdakparkering
- Parkering Van Die Straat Af
Badkamer
- Bad
- En-suite
- Stort
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Ligging
- Effingham Parade 54, Trafalgar, Southbroom, 4275, KwaZulu-Natal
Sien meer verblyf in Southbroom Suidkus KwaZulu-Natal
- Kapasiteit: 8 mense
- Geen kinders onder 6
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Effingham Parade 54, Trafalgar, Southbroom, 4275, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang