Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Heidedal Selfsorg Gastehuis

 1 Beskikbaar
 1 Beskikbaar
 1 Beskikbaar
 1 Beskikbaar
 1 Beskikbaar
 1 Beskikbaar
 1 Beskikbaar
 1 Beskikbaar
 1 Beskikbaar
 1 Beskikbaar
 1 Beskikbaar
 1 Beskikbaar
 1 Beskikbaar
Grasdak Plaashuis
Vanaf
Vanaf R 720
per nag, vir 2 mense
  • Plek vir 14 mense
  • Alleenstaande Eenheid
  • Koninggrootte-bed
  • Lees meer
Beskrywing

Grasdak Plaashuis is 'n groot huis wat oor 5 slaapkamers met 4 badkamers beskik. Die huis bied slaapplek aan 10 gaste. Daar is 3 slaapkamers met 'n koninggrootte-bed, en 2 slaapkamers met 2 enkelbeddens. Die badkamers het stortgeriewe. Daar is 'n kombuis met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, stoof-oond en 'n ketel. Gaste het toegang tot 'n oopplan-eetarea en die sitkamer het 'n kaggel vir daardie koue winteraande. Die huis het 'n stoep met sitplek, eet- en braai-area, 'n uitsig oor die tuin en op die berg. Verblyf word ook gebied in die Stalle met basiese selfsorggeriewe en beskik oor 2 slaapkamers elk met 'n stort, toilet en wasbak. Die eenheid kan in totaal 4 volwassenes of 2 volwassens en 3 kinders akkommodeer. Die kombuis is met, onder andere, ’n stoof, yskas, breekware en ketel toegerus en sluit aan by die sit- en eetarea. Al die vertrekke het 'n deur wat lei na die stoep wat tafel, stoele en braaigeriewe het. Die Stalle het ook ’n fantastiese uitsig op die berge wat vir seker bydra tot die rustigheid. ` Die Fauna en Flora is onder andere klipspringers, duikers en vaal ribbokke, bobbejane, rooikatte, muskeljaatkatte, wildekatte en luiperds en n magdom voels. Die Kaapse fynbos in die omgewing is ryk aan verskeie spesies. Vir die stappers is daar voetslaanpaaie in die Groot Winterhoek Berge en navraag in dié verband kan by Cape Nature gedoen word.

Oorsig van kamer/eenheid
Slaapplek vir 14 mense 6 Slaapkamers 5 Badkamers

Slaapkamer

En suite

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

5

2 x Enkelbed / Driekwartbed

1 x Koninggrootte-bed

1 x Kinderbank vir 1

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

1 x Koninggrootte-bed

Badkamer

Stort, Toilet

Tariewe
Meer foto's van kamer/eenheid
Prys sluit in

Selfsorg

Huisreëls

Rook is verbode in die huis, maar word op die stoep toegelaat.
Daar is nie 'n breekskade-deposito nie, maar daar word van gaste verwag om die eienaar in kennis te stel as iets gebreek het en om dit te vervang.
Geen luidsprekers of musiekstelsels van watter aard ook al word toegelaat op perseel nie.
Let asb. dat daar 'n grondpad is wat na die verblyf lei. Gaste moet by die verblyf navraag doen oor die toestand van die pad.

Kansellasiebeleid
Meer as 1 maand voor die inkloktyd 50%van die deposito word terugbetaal
Meer as 2 weke voor die inkloktyd 25%van die deposito word terugbetaal
Minder as 2 weke voor die inkloktyd 0%van die deposito word terugbetaal
Vanaf
Vanaf R 720
per nag, vir 2 mense
  • Kapasiteit: 14 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Heidedal-plaas, Porterville, 6810, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAXSDYAQR7UyEcXgtZ3695HpMqhsGYB0NWYw0LLGl1mhQnlEQBIV?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R720 per nag, vir 2 mense 44 5 1 5 Heidedal Farm Porterville 6810 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -32.940592374564 19.071935927863

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang