Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Helena's Overnight Accommodation

Gastehuis
  • Kapasiteit: 21 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: G A Watermeyerstraat 17, Langenhovenpark, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
  • Vanaf R690 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Helena's Overnight Accommodation is in Bloemfontein en is gerieflik geleë vir die vakansieganger, sakereisiger en besoeker aan hospitale en skole.

Dié gastehuis het 8 kamers wat elk slaapplek aan 2 tot 4 gaste bied. Elke kamer het 'n privaat ingang en of 'n dubbelbed of 'n kombinasie van 'n dubbel- en enkelbed. Die kamers het ook elk 'n privaat badkamer met 'n stort of 'n bad.

In die kamers is daar 'n TV met sekere DStv-kanale en 'n kombuisie wat met 'n yskas, mikrogolfoond en tee- en koffiemaakgeriewe toegerus is. Koeponne is te koop vir die lugversorging.

Die kamers word elk dag skoongemaak behalwe op Sondae of openbare vakansiedae. Veilige parkeerplek is agter 'n elektriese hek beskikbaar. Neem asb. kennis dat die eienaar op die perseel woon.

Helena's Overnight Accommodation is net 2 m van verskeie winkelsentrums en restaurante af. Bloemfontein het 'n verskeidenheid besienswaardighede soos die Bloemfontein-dieretuin, Vrystaat Botaniese Tuin, die Botaniese Tuin-boomroete, Windmill Casino en meer.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wasgoeddiens

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 64 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.8
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Betsie P
Saam met vriende
5.0
Heerlik. Was net een aand, maar die gasheer was baie behulpsaam en was heerlik. Puik.
Feb 2025
Zelda D
Gesin met tieners
5.0
Tops. Super vriendelike diens en het so lekker en gemaklik gebly.
Feb 2025
Madelein J
Saam met lewensmaat
5.0
Gasvry, vriendelik, & gerieflik! Eienaar is baie gasvry.
Feb 2025
Ronel S
Saam met lewensmaat
5.0
Vinnig netjies veilig. Lekker oorgebly en veilig geslaap.
Jan 2025
Andre V
5.0
Heeltemal voldoende, laat ingekom, vroeg weer uit, dankie. Ja, dankie, geen klagtes.
Jan 2025

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.7/5

Francois Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 113

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • G A Watermeyerstraat 17, Langenhovenpark, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
  • Gaste dink Helena's Overnight Accommodation het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 690
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 690
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 21 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: G A Watermeyerstraat 17, Langenhovenpark, Bloemfontein, 9301, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA6f1c34f7aa689c89b86aef879095cc377b0dcbb941247f5e78de1c8a5f7ad3a0045afe08a8968d64286c43f28fe886249fa6?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R690 per nag, vir 2 mense 64 5 1 5 17 G A Watermeyer Street Langenhoven Park 9301 Vrystaat 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -29.097851171844 26.14857

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang