Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Herberg-Klein

  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kromstraat 11, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Vanaf R600 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Herberg-Klein is in Clarens en bied gehalteverblyf aan 'n gesin of groep vriende. Dit is naby talle winkels, restaurante, doendinge en besienswaardighede.

Verblyf beskik oor 2 eenhede. Die Tuinkothuis bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers. Die hoofslaapkamer het 'n koningingrootte-bed en die tweede slaapkamer het 2 driekwartbeddens. Die badkamer het 'n stort, toilet en 'n wasbak.

Die oopplan-kombuis is met 'n tweeplaatstoof met 'n oond, 'n yskas-vrieskas, mikrogolf, tee- en koffiemaakgeriewe, en die nodige eet- en kookgerei en breekware toegerus. Die sitarea het gemaklike banke en 'n kaggel. Daar is gratis WiFi.

Die Rondawel bied slaapplek aan 2 gaste en het 'n dubbelbed en gemakstoele. Die badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet.

Die kombuisie is met 'n tweeplaatstoof, mikrogolf, yskassie, ketel, toonbank en stoele toegerus.

Hierdie eenhede kan afsonderlik of gesamentlik bespreek word en het elkeen hul eie ingange.

Op die stoep is 'n tafel en stoele, en braaigeriewe. Daar is veilige parkeerplek op die perseel.

Dít is wat jy hier sal kry

Tee en koffie
Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Wassery naby
Troeteldiere op versoek
Mooi uitsig
Grondpad

Resensies

4.6/ 5

Gebaseer op 87 resensies

Uitstekend

Netheid
4.7
Ligging
4.5
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.7
Veiligheid
4.5
Gaste se hoogtepunte
Charmaine G
Saam met lewensmaat
5.0
Comfortable and pleasant accommodation in a gorgeous garden. We enjoyed our stay; the hosts were so friendly and accommodating. We were...
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Sien meer
Des 2024
Suzette P
Saam met lewensmaat
5.0
Pragtige view, baie rustige plekkie. Alles wat mense nodig het vir 'n naweek. Herberg Klein is binne loopafstand van die square en restaurante. Dit is...
Sien meer
Des 2024
Johan O
Saam met lewensmaat
5.0
Onopgesmukte lekkerte in die hart van Clarens. Baie dankie vir Dons en hulle gasvryheid.
Nov 2024
Mark V
Saam met lewensmaat
5.0
Goeie diens. Vriendelike ontvangs, skoon en netjies.
Jul 2024
Andre G
Saam met lewensmaat
5.0
Baie baie lekka. Dit was 'n baie lekka plekkie om te bly. Dit was gemaklik en skoon en het alles gehad wat ons nodig sou hê. Dit het gevoel soos om by...
Sien meer
Jul 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.6/5

Dons Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 87

Op LekkeSlaap 3 jaar

Ligging

  • Kromstraat 11, Clarens, 9707, Vrystaat
  • Gaste dink Herberg-Klein het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 600
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R 600
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Kromstraat 11, Clarens, 9707, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA1d459fa15312b399366c7d58b6ac89c3dd6a444345c74a137f7c73ace7da35f663eaa856405bbcf6b44cedc8e02dd7f18e8f?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R600 per nag, vir 2 mense 87 5 1 5 11 Krom Street Clarens 9707 Vrystaat 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -28.518072322622 28.422497241803

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang