Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Hermanus Cottage

  • Soos Gesien op Instagram
  • Kapasiteit: 8 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Langs die R34, Goliathskraal-plaas, 38 km vanaf Kroonstad, 9500, Vrystaat
  • Vanaf R4 400 per nag, vir 8 mense

Beskrywing

Hermanus Cottage is in 'n veilige, omheinde wildkamp met 'n uitsig oor 'n dam op 'n plaas in die Vrystaat geleë.

Dié dubbelverdiepingkothuis het slaapplek vir 8 gaste en is vir selfsorg toegerus. Op die boonste verdieping is daar 'n privaat slaapkamer met 2 enkelbeddens en 'n oopplan-slaaparea met 2 enkelbeddens. Gaste in dié 2 slaapkamers deel 'n badkamer met 'n bad en 'n toilet. Die 2 slaapkamers op die onderste verdieping het dubbelbeddens en dié gaste deel 'n badkamer met 'n bad, stort en 'n aparte toilet. Linne en handdoeke word voorsien, maar gaste moet hul eie swemhanddoeke saambring.

Die oopplan-kombuis is met 'n yskas-vrieskas, mikrogolfoond, stoof, oond, potte, panne, eetgerei, breekware en 'n toonbank toegerus. Die sitarea het 'n TV met die volle DStv-pakket en 'n binnebraai waar gaste tydens die kouer dae lekker vuur kan maak. Gratis WiFi is ook beskikbaar. Die kothuis het ook 'n omsetter om te help tydens beurtkrag. Buite is daar braaigeriewe op die houtdek en 'n uitsig oor die dam. Langs die kothuis is daar ook 'n houtklimraam met 'n glyplank en swaaie om die kinders te vermaak. Hout word voorsien, en 'n skoonmaakdiens is op versoek beskikbaar.

Heelwat wild, soos springbokke, sebras, lechwes, waterbokke en volstruise kom gereeld by die kothuis kuier. Gaste moet ook hulle oë vir die kolganse, wildemakoue, kopereende, geelbekooievaars en slanghalsvoëls wat hiér voorkom, oophou. Die plaas bied aktiwiteite soos roei, hengel, swem, stap en fietsry. Gaste moet net hul eie fietse saambring.

Kamer-opset

Slaapplek vir 8 mense 4 Slaapkamers 3 Badkamers

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Badkamer

Bad, Toilet

Badkamer

Stort, Bad

Badkamer

Toilet

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
Troeteldiere op versoek
TV
Volledige kombuis
DStv
Braai

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 85 resensies

Uitstekend

Netheid
4.8
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.8
Diens
4.9
Veiligheid
4.8
Gaste se hoogtepunte
Marlene P
5.0
Beautiful, friendly, accommodating. Lovely countryside. Cherie was so helpful and accommodating; we travelled with pets.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Des 2024
Janco P
Saam met vriende
5.0
Mooi snoesige huisie en pragtige plaas. Baie mooi plaas en huisie. Die weer het nie lekker saamgespeel nie, ons het wel lekker snoesig gekuier met die...
Sien meer
Sep 2024
Yolandie S
Gesin met tieners
5.0
Absoluut die moeite werd! Ons het baie lekker gebly, die huis is baie lekker ingerig en netjies. Ons was baie vriendelik ontvang deur die gasvrou.
Aug 2024
Luzelle B
Gesin met klein kinders
5.0
Absolutely tranquil and amazing. Absolutely wonderful. We stayed one extra day.
Word in die oorspronklike taal vertoon.
Mrt 2024
Isabel T
Saam met lewensmaat
5.0
Rustig. Natuurskoon. Goed vir die siel. Ons het verskriklik lekker gebly. Die huis is goed ingerig, pragtige uitsig en wonderlike braai-area. Ons sal ...
Sien meer
Mrt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Cherie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 85

Op LekkeSlaap 8 jaar

Ligging

  • Langs die R34, Goliathskraal-plaas, 38 km vanaf Kroonstad, 9500, Vrystaat
  • Gaste dink Hermanus Cottage het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 4 400
per nag, vir 8 mense
Vanaf
Vanaf R 4 400
per nag, vir 8 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 8 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
    Uitkloktyd: 09:00
  • Adres: Langs die R34, Goliathskraal-plaas, 38 km vanaf Kroonstad, 9500, Vrystaat
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA0b868b15f18d4150a014d123ebe46707f8ddce3af79518af7e15251cf72bf4ede486fe88841ae07987f56a7aff14a989f98f?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R4 400 per nag, vir 8 mense 85 5 1 5 Off the R34 Farm Goliathskraal 9500 Vrystaat 021 201 8901 14:00-20:00 09:00 -27.833191555575 27.080840170384

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang