Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

HIbernian Towers 1006

Resensies

4.7/ 5

Gebaseer op 19 resensies

Uitstekend

Netheid
4.5
Ligging
4.9
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.4
Veiligheid
4.9
Braam H
Lang verblyf
5.0
Des 2023

Heerlik gekuier. Wooneenheid was netjies, skoon en goed toegerus. Ek sal egter aanbeveel dat gaste 2 stelle sleutels kry. Die mense wat rondloop en redes soek om te kla is egter 'n probleem. Ons was daar met 2 voertuie en 'n sleepwa. Ons het die sleepwa voor een voertuig geplaas waar hy niemand gepla het nie. Iemand het egter gekla oor dit. Gegewe dat heelwat eenhede deur vakansiegangers beset word moet dit aanvaar word dat daar sleepwaens gaan wees. Dit moet in berekening gebring word.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Abe P
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Nov 2023

Baie besonders. Elke oomblik was besonders, dankie. Beslis 'n wenner vir 'n pragtige uitsig en rustige ontspanning.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Kesia B
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Apr 2023

Waarde vir jou geld! Puik! Ek kon nie genoeg kry nie. Dit was so gerieflik, ek sou Hibernian Towers 10. 6 in my tas pak as ek kon. Waarde vir jou geld! Beveel hoogs aan.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Anonieme gas
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.8
Jan 2024

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Peter C
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Nov 2022

Ongelooflik. Fantasties. Ons was 'n familie van 10. Die uitsig en ligging is perfek. Dit was absoluut waarde vir geld. Julle sien ons beslis weer.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Theo E
Kort verblyf Gesin met klein kinders
4.8
Apr 2022

Ons het baie lekker gebly en die woonstel was baie netjies gewees. Baie skoon en netjies, die gratis WiFi was 'n bonus.

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Anel V
Kort verblyf Saam met vriende
4.8
Feb 2022

Asemrowende uitsig. Ons het heerlik gekuier en die woonstel was baie gerieflik ingerig. Die eenheid was netjies, skoon en heelwat groter as wat ons verwag het.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Lyne N
Kort verblyf Saam met vriende
4.8
Feb 2022

Veilig. Netjies. Waarde vir geld. Perfekte Ligging. Die woonstel is baie netjies, goed uiteengesit en die ligging is perfek. Daar is van alles wat jy sal benodig vir jou reis. Die agent was baie behulpsaam. Was die elke sent werd.

Netheid
5.0
Diens
4.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Samuel O
Kort verblyf Saam met vriende
4.0
Mei 2022

Ontspannend, rustig en 'n fantastiese see-uitsig. Kamers netjies, toegerus met alles wat 'n huis vereis. Beddegoed skoon, pragtige uitsig op see vanaf balkon.

Netheid
4.0
Diens
4.0
Ligging
4.0
Veiligheid
4.0
Waarde vir geld
4.0

Anna S
Kort verblyf Saam met vriende
3.4
Jul 2022

Goeie ligging, mooi uitsig en veilige woonstelblok. Die mure van die woonstel is vuil, daar is net een rol toiletpapier vir 4 gaste en geen sepie in die stort nie. Chantel kan maar gerus die sleutel bring met die aankoms en verduidelik waar die parkeerplekke is, want dit word nie duidelik gekommunikeer nie. Die remote is onnodig om uit die parkeerterrein te kom. Ek dink haar diens skiet ver tekort aan 'n mooi woonstel.

Netheid
3.0
Diens
1.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
3.0
Chantel
HIbernian Towers 1006
Baie dankie Naretha, ek het jou gekontak om sleutels op te tel en verduidelik waar. Ek het ook, toe jy by huis aankom voor 14:00, jou gehelp om die sleutels by die kluis te kry. Die welkom brief verduidelik presies hoe om van my huis reguit af te ry na die woonstel gebou wat in dieselfde straat is, slegs 1 km vanaf my huis. Ek het ook vir jou 2 stelle sleutels voorsien in plaas van 3 stelle soos gevra, ongelukkig werk die hek om uit te gaan met die afstandbeheer. Die res van gebou werk met die tags. So staan alles ook op welkom brief en waar om te parkeer, daar is 2 parkerings wat beskikbaar is vir gaste. Die mure het ek nie gesien waar vuil is nie wel 'n paar krap merke wat moontlik vir jou vuil gelyk het. Jammer as julle voel ek nie genoeg gedoen nie, maar ek kan ongelukkig nie elke gas inboek nie, ek werk met klomp woonstelle. Die self inboek werk verder vir ons gaste baie goed. Ek het ook laat weet ek is enige tyd beskikbaar op my foon as julle my nodig het, of as ek moes uit kom vir iets. Ek het geen oproep gekry nie, so ek het aangeneem alles was reg. Asseblief, in die vervolg, bel of SMS dadelik as iets nie vir jou reg is nie. Dit help ons ook om probleme dadelik uit te sorteer. Ons voorsien 1 toilet rol vir elke badkamer, siende dat dit 'n selfsorg eenheid is.

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

4.6/5

Chantel Geverifieer

Eiendomme 17

Resensies 117

Op LekkeSlaap 9 jaar

Vanaf R2 500
R2 500 R1 875
per nag (plek vir 6)
Vanaf R2 500
R2 500 R1 875
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hibernian Towers Eenheid 10.6, Kusweg, Strand, 7140, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAJDFmZDZmMDNjLWZjODItNDlmOC1hZTg2LTk5OWVlNjQyMzc2NQ?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 was R2 500 nouVanaf R1 875 per nag (plek vir 6) 19 5 1 5 Unit 10.6 Hibernian Towers Beach Road 7140 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -34.11406753975 18.822932652779

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang