Hide Away Cottage
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Geneva-rylaan 22, Uvongo, Margate, 4270, KwaZulu-Natal
- Vanaf R950 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Hide Away Cottage is 'n selfsorg-eenheid in Uvongo, 'n vakansiedorpie aan die Hibiscuskus van KwaZulu-Natal. Dié vriendelike dorp het 'n ontspanne atmosfeer en spog met ongerepte strande en welige subtropiese plantegroei.
Die kothuis het 1 slaapkamer met slaapplek vir 2 volwassenes en 2 kinders. Die huisie is op die eienaar se perseel, maar is 'n aparte eenheid. Die slaapkamer het 'n koningingrootte-bed en 'n enkelbed vir 'n kind. Die sitkamer het ook 'n enkelbed vir 'n kind. Die badkamer het 'n stort, wasbak en 'n toilet. Daar is 'n aantrekkamer in die slaapkamer.
Die kombuis is goed toegerus met 'n yskas-vrieskas, stoof, mikrogolf, broodrooster en 'n ketel. Die leefarea in die oopplan-woonstel het 'n etenstafel, ontbytkroeg met sitplek, 'n TV met HD Openview en 'n DVD-speler. Gaste het toegang tot die swembad, tuine en die dek wat uitkyk oor die see.
Gaste kan 'n luilekker dag op die strand deurbring, of wildbewareas, restaurante, winkels, natuurreservate, gholfbane en meer verken.
Kamer-opset
Slaapkamer
1 x Koningingrootte-bed
1 x Kindermatras vir 1
Leefarea
1 x Enkelbed / Driekwartbed
Badkamer
Stort, Toilet
Kenmerke
Geriewe
- 24-uur Ontvangs
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Persoonlike Kluis
- Satelliet-TV
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Perdry
- Visvang
- Baarshengel
- Voëlkyk
- Wynproe
- Fietsry
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Bergfietsroetes
- Swem
- Tennis
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Vlaams
Maaltye Aangebied
- Etes Op Versoek
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- 24-Uur Sekuriteit
- Agter Elektriese Hek
Betaalopsies op Perseel
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Badkamer
- En-suite
- Stort
- Seep
- Toiletware
Eenheidgeriewe
- Waaier
- Kluis
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Haardroër
- Strykyster
- Mikrogolfoond
- Stoof
Vermaak
- Boeke en tydskrifte
- Dvd
- Eksklusiewe dstv
- Tv
Opsomming van Resensie
Ontmoet jou gasheer
Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.
4.8/5
Liliane Geverifieer
Eiendomme 1
Resensies 6
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Geneva-rylaan 22, Uvongo, Margate, 4270, KwaZulu-Natal
- Gaste dink Hide Away Cottage het ’n baie goeie ligging
Sien meer verblyf in Margate Suidkus KwaZulu-Natal
- Gratis kansellasie tot 1 week voor jou verblyf!
- Kapasiteit: 4 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 18:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Geneva-rylaan 22, Uvongo, Margate, 4270, KwaZulu-Natal
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang