Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Higgs Hope Self-catering

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 12 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.6
Diens
4.7
Veiligheid
4.8
Lb O
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Jul 2024

Rusitg, skoon en gerieflik. Ons het 'n paar dae weg gebreek Suid-Kaap toe en het 'n wonderlik rustige en baie gemaklike tyd by Higgs Hope Self-catering gehad. Die 2-slaapkamerhuis is baie goed ingerig, het alles wat ons nodig gehad het, was baie skoon en netjies, en privaat. Die gasvrou was baie akkommoderend en het baie mooi na ons gekyk. Ons sal met graagte weer by Higgs Hope Self-catering bly en dit beslis aanbeveel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Willie
Higgs Hope Self-catering
Baie dankie Lb, ons hoop om jul weer eendag te sien. Dan is daardie dogtertjie al dalk baie groter! Waardeer jul mooi weergee van ons!

Pieter K
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Apr 2024

Rustig, mooi, gerieflik en vrede. Ons het so lekker gekuier by Willie se mooi plekkie, als was pynlik netjies en sy skilder die mooiste skilderye en dit hang daar vir mens se siele vreugde. Ons het baie welkom en gemaklik gevoel. Die uitsig is asemrowend. Ons gasvrou was uit die boeke, baie dankie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Willie
Higgs Hope Self-catering
Pieter, baie dankie vir die mooi resensie! Ek probeer regtig hard om meer mense hierheen te trek en waardeer dit opreg as ek hoor dat wat ek doen, goed is! Groete, Oom Minnaar

Lynette C
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Mrt 2022

Rustig en ontspanne. Ons het dadelik welkom gevoel. Die eenheid is baie gerieflik ingerig, baie netjies en privaat. 'n Pragtige uitsig oor die meer en die see. Ons het heerlik gerus en sal weer daar tuisgaan.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Christiaan L
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.8
Jul 2022

Ons het baie lekker gebly in 'n baie gerieflike en skoon plekkie met alles wat jy nodig het, en meer. Higgs Hope is goed toegerus met alles wat mens nodig het en meer as genoeg breekware en kombuisware. Willie is 'n uitstekende, hulpvaardige en vrygewige gasvrou. Dankie. Die uitsig is pragtig en die plekkie is baie skoon, netjies en ruim, met goeie linne en 'n gemaklike bed. Ons het ons kuier daar baie geniet en kan dit sterk aanbeveel.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Willie
Higgs Hope Self-catering
Baie dankie vir die resensie Tiaan en Lorraine, was heerlik om jul te kon huisves en bietjie leer ken. Alles wat mooi is vir die komende maande en jaar!

Fanie R
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Des 2021

Baie netjies, veilig en mooi uitsig. Baie lekker eenheid met regtig alles wat jy nodig het vir jou vakansie. Hier bly ons gewis weer! En ons beveel dit aan vir enige iemand!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Willie
Higgs Hope Self-catering
Baie dankie ons waardeer dit opreg. Ons hoop om jul weer eendag te kan akkommoder. Veilig wees en groete Minnaar en Willie

Ryan Rouxvé F
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Apr 2021

Baie aangenaam. Die uitsig vanaf die balkon en slaapkamer was iets anders. Willie en Golden se gasvryheid laat jou voel soos "long lost family". Sal definitief weer daar 'n draai maak.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Frans F
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Mrt 2021

Rustig en goeie kliente diens This place is amazing especially if you want to break away and just enjoy the nature.The place was spectacular, clean and you get an amazing view from your bedroom and balcony. The owner is super friendly, and she went above and beyond to make our stay very special. I definitely recommend them. I will be going there again very soon.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Willie
Higgs Hope Self-catering
Baie dankie Frans dit beteken baie om te weet gaste was werklik gelukkig en tevrede met alles. Ons hoop om jul weer eendag hier te kan kom laat rus. Higgs Hope groete, Willie en Minnaar

Silvia T
Lang verblyf Saam met lewensmaat
4.6
Jan 2020

Spectacular views, lovely unit and attentive host. My husband and I spent 3 wonderful weeks with our daughter and her husband at Higgs Hope. Unfortunately the weather was not always in our favour but even that didn't hinder our stay. The unit was lovely and clean with spectacular views and most amenities were available. I would definitely recommend booking with this delightful host, Willie. She will try and accommodate as best she can. It was like coming home. Great holiday and hopefully will be back some day.

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
3.0
Willie
Higgs Hope Self-catering
Sylvia, thank you very much. We hope to see again somewhere in the future.

Melanie J
Kort verblyf Saam met vriende
5.0
Sep 2019

Rus, vrede en die mooiste uitsig. Higgs Hope is 'n weggesteekte nessie en ideaal vir mense wat wil wegkom van die gejaag en geraas van elke dag se lewe. Die woonstel is omring deur natuur en 'n koppie koffie op die stoepie, terwyl jy die mooi uitsig waardeer, is genoeg om enige mens te laat ontspan. Die gasvrou, Willie, doen spesiale moeite om haar gaste te laat tuis voel en hulp is byderhand indien jy dit sou benodig. Ek sal Higgs Hope aanbeveel vir mense wat rus, vrede en stilte wil geniet terwyl hulle kwaliteittyd saam spandeer.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Willie
Higgs Hope Self-catering
Goeiedag Melanie Dankie vir die resensie, dit is dierbaar, ek waardeer dit ontsettend baie. As jul ooit weer hierlangs kom, kom gerus aan want jul is voel soos "ou" vriende van ons. Nogmaals baie dankie, dit beteken baie vir ons plekkie!

Ian V
Kort verblyf
5.0
Aug 2019

Pragtige verblyf deur wonderlike mense bestuur. Die gastehuis het een ongelooflike uitsig vanuit die vertrekke sowel as vanaf die gemaklike stoep. Die mense is uiters gaaf en meer as bereid om met enigiets te help. Alles is uiters goed gereël, gemaklik en verblyf by Higgs Hope is sommer net heerlik.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Willie
Higgs Hope Self-catering
Baie dankie, Ian. Ek glo ek voldoen daaraan om dit vir al die gaste so gemaklik, rustig en gerieflik as moontlik te maak! Ons hoop om jou en jou gesin weer eendag te kan huisves. Groete, Willie en Minnaar

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Willie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 12

Op LekkeSlaap 7 jaar

Vanaf
Vanaf R1 800
per nag, vir 5 mense
Vanaf
R1 800
per nag, vir 5 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 5 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Heights Road South 17, Groot-Brakrivier, 6525, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA0d6bd3dc72ed47bad555a0316eb2ad134cf6e51875e4d3267326a6b741fc2b55f0f7141ef6a586039c4d4936a859d0e61334?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 800 per nag, vir 5 mense 12 5 1 5 17 Heights Road South Great Brakriver 6525 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -34.044838883393 22.230806797743

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang