Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

High-Tide

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Gleniqua-rylaan 20, Glentana, Mosselbaai, 6530, Wes-Kaap
  • Vanaf R2 800 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

High-Tide is 'n ten volle toegeruste selfsorg-eenheid in 'n privaat huis in Glentana, Mosselbaai, minder as 150 m van die strand af! Mosselbaai is ideaal geleë op die Tuinroete van Suid-Afrika.

Die ingang lei na die boonste verdieping. Die eenheid het slaapplek vir tot 6 gaste en beskik oor 2 slaapkamers, 2 badkamers, en 'n oopplan-kombuis en -leefarea. Die eerste slaapkamer beskik oor 'n dubbelbed, 'n en suite-badkamer, ingeboude kaste en groot skuifdeure wat toegang tot die bedekte patio bied. Die tweede slaapkamer het 2 enkelbeddens en ingeboude kaste. Die tweede badkamer het 'n stort. Daar is ook 'n slaapbank in die leefarea vir 2 gaste.

Die kombuis is volledig toegerus vir selfsorg en sluit 'n stoof en oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei, breekware en al die nodige toebehore in. Die leefkamer beskik oor 'n TV met DStv, 'n DVD-speler, 'n CD-speler en gratis WiFi-toegang. Daar is verskeie DVD's en CD's op versoek beskikbaar. Die leefkamer het groot skuifdeure wat toegang tot die sondek bied. Gaste geniet ook toegang tot die pragtuin, braaigeriewe en swembad. Die dek het ook 'n gasbraai. Daar is parkeerplek in die straat beskikbaar.

Die eenheid het sonpanele en 'n omsetter so beurtkrag sal nie pla nie.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 2 Slaapkamers 1 Leefarea 1 Badkamer, 1 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Dubbelbed

Bad, Toilet

Slaapkamer

2

2 x Enkelbed / Driekwartbed

Leefarea

2

1 x Dubbelslaapbank

Dít is wat jy hier sal kry

Gratis, veilige parkeerplek
WiFi
Swembad
TV
DStv
Braai

Resensies

4.1/ 5

Gebaseer op 7 resensies

Baie goed

Netheid
4.6
Ligging
4.1
Waarde vir geld
3.1
Diens
4.3
Veiligheid
4.4

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.1/5

Marinda Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 7

Op LekkeSlaap 9 jaar

Ligging

  • Gleniqua-rylaan 20, Glentana, Mosselbaai, 6530, Wes-Kaap
  • Gaste dink High-Tide het ’n baie goeie ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 2 800
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R 2 800
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 17:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Gleniqua-rylaan 20, Glentana, Mosselbaai, 6530, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb86e3a21035418eb63f1ff79465b81106bf1cfe26c06fa8b9dcd6ca21080f72a91fcd40b6976ce6b7fc0c65eccfc0c68ab5a?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R2 800 per nag (plek vir 6) 7 5 1 5 20 Gleniqua Drive Glentana 6530 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-17:00 10:00 -34.049147 22.306324

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang