Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Highlands Lodge

Gastehuis
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 16 persone
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoogstraat 29, Durbanville, Kaapstad, 7550, Wes-Kaap
  • Vanaf R1 280 per nag, vir 2 mense

Beskrywing

Highlands Lodge lê in die stil area, Aurora in Durbanville en bied veilige, eksklusiewe verblyf aan gesoute sakereisigers en vakansiegangers. Highlands Lodge bied 'n rustige wegbreekplek met privaatheid. Dié lodge word besit en bestuur deur Andrew en Kaj Denys. Die eienaars en hul personeel bied persoonlike aandag en gasvryheid aan gaste.

Die eenhede het elkeen 'n koninggrootte-bed of 2 enkelbeddens en bied slaapplek aan 1 of 2 gaste. Daar is 2 gesinseenhede met slaapplek vir 4 volwassenes of 2 volwassenes en 2 kinders. Elke kamer het 'n aparte ingang in die tuin en 'n kombuisie met koffie- en teemaakgeriewe, 'n yskassie en 'n mikrogolfoond. 'n TV met sekere DStv-kanale en WiFi is beskikbaar. Veilige parkeerplek word op die perseel voorsien.

'n Lughawependeldienste kan gereël word en die plaaslike winkelsentrum is net 'n entjie se stap hiervandaan waar daar 'n Super Super Spar, 'n koffiewinkel en kitskoskafees is. Dis ook naby die Durbanville-wynroete, restaurante en besonderse fietsry-roetes. Highlands Lodge is 5 minute se ry vanaf die Tygervallei-winkelsentrum en 30 minute se ry vanaf die V&A Waterfront, Paarl, Stellenbosch, Franschhoek en Somerset-Wes.

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • Lughawe-pendeldiens Op Versoek
  • Swembad
  • Braaiplek
  • Gastesitkamer
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Malaria-vrye streek
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Daaglikse Skoonmaakdiens
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Perdry
  • Voëlkyk
  • Wynproe
  • Bergfietsroetes
  • Tennis

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Zoeloe
  • Xhosa

Maaltye Aangebied

  • Ontbyt
  • Aandete Op Versoek
  • Piekniekmandjies Op Versoek
  • Tee
  • Etes Op Versoek

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • Agter Elektriese Hek
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Visa
  • Mastercard
  • Kontant
  • Elektroniese Fondsoorplasing

Resensies

4.8/ 5

Gebaseer op 57 resensies

Uitstekend

Netheid
4.9
Ligging
4.8
Waarde vir geld
4.7
Diens
4.8
Veiligheid
4.9
Wat gaste dink
Nicolette O
Gesin met tieners
5.0
Heerlike kuier in 'n pragtige plek. Ons het heerlik gebly.
Jul 2024
Leodolf S
Besigheidsreis
5.0
Netjies en goed geleë. Heerlik gebly. My buurman se gesnork was so bietjie lastig, maar niks wat 'n oorpluis nie kon uitsorteer. Sal weer kom.
Jul 2024
Suzaan K
Saam met vriende
5.0
Wonderlike vriendelike gasheer en baie behulpsaam met bagasie. Baie lekker gebly en lieflike stil omgewing. Ek sal net graag 'n aanbeveling wil maak o...
Sien meer
Jul 2024
Yolande P
Gesin met tieners
5.0
Lieflike tuis met heerlike ruim kamer. Kon lekker kuier om die swembad en in die leef areas. Kamer baie ruim met genoeg kaste en 'n groot badkamer.
Mrt 2024
Megan H
Saam met lewensmaat
5.0
Amazing. Was baie lekker, dankie.
Mrt 2024

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.8/5

Kaj Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 57

Op LekkeSlaap 13 jaar

Ligging

  • Hoogstraat 29, Durbanville, Kaapstad, 7550, Wes-Kaap
  • Gaste dink Highlands Lodge het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R1 280
per nag, vir 2 mense
Vanaf
Vanaf R1 280
per nag, vir 2 mense
Maak 'n Bespreking
  • Gratis kansellasie tot 24 uur voor jou verblyf!
  • Kapasiteit: 16 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 22:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoogstraat 29, Durbanville, Kaapstad, 7550, Wes-Kaap
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAAb99b6bc0ccec47f93ca245e350a3beba05e419aaed543c1b783d482ff67c019f66ecb4647af95e6e551847a43d9c6d3e9b14?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R1 280 per nag, vir 2 mense 57 5 1 5 29 High (Hoog) Street Durbanville 7550 Wes-Kaap 021 201 8901 14:00-22:00 10:00 -33.830577902877 18.633214831352

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang