Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Hippo's Honk @ Kruger

Selfsorg
  • Kapasiteit: 6 persone
  • Geen kinders onder 7
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Seekoei 3340, Marlothpark, Malelane, 1320, Mpumalanga
  • Vanaf R3 540 per nag (plek vir 6)

Beskrywing

Hippo's Honk @ Kruger is 'n luukse selfsorgvakansiehuis met sonkrag in Marloth Park. Die huis is net 50 m vanaf die heining van die Krugerwildtuin en die naaste ingang na die Krugerwildtuin, die Krokodilbrug-ingangshek, is net 20 km weg. Gaste word uitgenooi om in hierdie bosontvlugting te ontspan en besoeke van 'n verskeidenheid wildlewe te geniet, insluitend sebras, blouwildebeeste, kameelperde, koedoes, rooibokke, vlakvarke, bosbokke, muishonde en bosbabas.

Dié dubbelverdieping-vakansiehuis het slaapplek vir maksimum 6 gaste en beskik oor 3 slaapkamers, 3 badkamers, 'n kombuis, opwaskamer, eetkamer en 'n leefarea. Die hoofslaapkamer is op die boonste vloer geleë en is ingerig met 'n koningingrootte-bed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Die tweede slaapkamer is ingerig met 'n dubbelbed en daar is 'n stort, toilet en wasbak in die badkamer reg langsaan. Die derde slaapkamer het 1 koningingrootte-bed en beskik oor 'n en suite-badkamer met 'n stort, toilet en wasbak. Daar is ook 'n buitestort en toilet.

Al die kamers en leefareas het ook voorafbetaalde lugversorging en elektriese waaiers wat met afstandbeheerders werk. Daar is kwaliteit matrasse op elke bed en kwaliteit linne en handdoeke word voorsien.

Die oopplan-kombuis is toegerus met 2 yskaste, 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, broodrooster, basiese eetgerei en breekware, asook 'n ketel. Daar is 'n etenstafel met 6 stoele en die leefarea is ingerig met 'n sitkamerstel en 'n platskerm-TV wat met Netflix en YouTube geïnstalleer is. Luke maak oop vanaf die sitkamer na die swembadarea buite. Die glas skuifdeur en hortjies lei na 'n patio met 'n pragtige oneindig swembad en 'n braai boma met 'n vuurput.

Die stoep op die boonste verdieping van die huis het braaigeriewe en 'n etenstafel met 6 stoele. Die huis het insekskerms op elke venster en deur. Gratis WiFi is beskikbaar en gaste het toegang tot gratis en veilige parkeerplek. Daar is ook 2 voerbakke voor die huis waarin kos vir die diere gegooi kan word.

Kamer-opset

Slaapplek vir 6 mense 3 Slaapkamers 4 Badkamers, 2 en suite

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

En suite

2

1 x Koningingrootte-bed

Stort, Toilet

Slaapkamer

2

1 x Dubbelbed

Badkamer

Stort, Toilet

Badkamer

Toilet

Kenmerke

Afrikaans
Swembad
Braaiplek
Veilige Parkering
Gratis WiFi

Geriewe

  • ADSL-lyn
  • 24-uur Ontvangs
  • Swembad
  • Begeleide Wildritte as Ekstra
  • Braaiplek
  • Kombuisgeriewe
  • Geen Rook Binnenshuis
  • Persoonlike Kluis
  • Satelliet-TV
  • Selfsorg
  • Gratis WiFi
  • WiFi

Aktiwiteite op perseel

  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Swem

Aktiwiteite Naby

  • Visvang
  • Groot 5
  • Voëlkyk
  • Fietsry
  • Wildritte
  • Wildkyk
  • Begeleide Wandelpaaie
  • Bergfietsroetes
  • Swem

Hier praat ons

  • Afrikaans
  • Engels
  • Nederlands

Parkeerplek

  • Veilige Parkering
  • 24-Uur Sekuriteit
  • Parkering Van Die Straat Af

Betaalopsies op Perseel

  • Elektroniese Fondsoorplasing

Badkamer

  • En-suite
  • Stort
  • Seep

Eenheidgeriewe

  • Lugversorging
  • Waaier
  • Kluis

Elektriese Toebehore

  • Yskas
  • Mikrogolfoond
  • Oond
  • Stoof

Vermaak

  • Boeke en tydskrifte
  • Eksklusiewe dstv
  • Tv

Resensies

5/ 5

Gebaseer op 4 resensies

Ongelooflik

Netheid
5.0
Ligging
5.0
Waarde vir geld
4.8
Diens
5.0
Veiligheid
5.0

Ontmoet jou gasheer

Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel

5/5

Marina Geverifieer

Eiendomme 2

Resensies 8

Op LekkeSlaap 1 jaar

Ligging

  • Seekoei 3340, Marlothpark, Malelane, 1320, Mpumalanga
  • Gaste dink Hippo's Honk @ Kruger het ’n uitstekende ligging
Kliek hier om die ligging se sien
Sien kaart
Vanaf
Vanaf R 3 540
per nag (plek vir 6)
Vanaf
Vanaf R 3 540
per nag (plek vir 6)
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 6 mense
  • Geen kinders onder 7
  • Inkloktyd: 14:00 tot 23:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Seekoei 3340, Marlothpark, Malelane, 1320, Mpumalanga
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA8868ff110c6844fa7f207f8dd6f6fd0b996160ef1e8175276466ec673d290d264f4d7b8a5c9cf703e342c1a39f59604215a4?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R3 540 per nag (plek vir 6) 4 5 1 5 Seekoei 3340 Marloth Park 1320 Mpumalanga 021 201 8901 14:00-23:00 10:00 -25.340286168924 31.811493061971

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang