Hlolwa Lodge 6 @ Elephant Point
- Kapasiteit: 4 persone
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Elephant Point Estate, Paul Kruger-hek, Hazyview, 1100, Mpumalanga
- Vanaf R9 680 per nag (plek vir 4)
Beskrywing
Hlolwa Lodge 6 @ Elephant Point is aan die oewer van die manjifieke Sabierivier en bied skouspelagtige uitsigte oor die ongerepte Krugerwildtuin. Hierdie villa het lugversorging en is die perfekte opsie vir 'n afgesonderde wegbreek aangesien dit na 'n uitgestrekte en uitnodigende voorste houtdek met 'n verhitte swembad lei.
Dié villa bied slaapplek aan 4 gaste en beskik oor 2 slaapkamers met lugversorging en 2 en suite-badkamers. Elke slaapkamer het 'n koninggrootte-bed en elke badkamer het 'n stort, wasbak en toilet. Gehaltelinne, badhanddoeke en seep word voorsien.
Die ruim oopplan-leefarea beskik oor 'n stylvolle kombuis wat met 'n gasstoof, elektriese oond, mikrogolfoond, yskas-vrieskas, eetgerei en breekware asook 'n sentrale eiland met stoele toegerus is. 'n Skottelgoedwasser, wasmasjien en tuimeldroër is ook beskikbaar. Die kombuis lei na 'n etenstafel met oorgenoeg sitplek vir gaste om etes saam te geniet. Die sitarea het gemaklike sitplek en 'n platskerm-TV. Gratis WiFi is oral in die villa beskikbaar.
Dié huis het ook 'n kuierarea met gemaklike sitplek, 'n foosball-tafel en 'n veerpyltjiebord. Dié leefarea lei na 'n onderdakstoep met 'n buite-etenstafel, gemaklike sitplek en braaigeriewe. Dié stoep lei op sy beurt na 'n houtdek met sonstoele en 'n uitnodigende swembad.
Kamer-opset
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Toilet
Slaapkamer
En suite
1 x Koninggrootte-bed
Toilet
Kenmerke
Geriewe
- Swembad
- Braaiplek
- Kombuisgeriewe
- Geen Rook Binnenshuis
- Selfsorg
- Gratis WiFi
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Fietsry
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
Parkeerplek
- Veilige Parkering
Badkamer
- En-suite
- Stort
Eenheidgeriewe
- Lugversorging
Elektriese Toebehore
- Yskas
- Mikrogolfoond
- Oond
- Stoof
Vermaak
- Tv
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.5/5
Christelle Geverifieer
Eiendomme 30
Resensies 5
Op LekkeSlaap 6 jaar
Ligging
- Elephant Point Estate, Paul Kruger-hek, Hazyview, 1100, Mpumalanga
Sien meer verblyf in Nasionale Krugerwildtuin Suid Mpumalanga
- Kapasiteit: 4 mense
- Geen kinders onder 12
-
Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Elephant Point Estate, Paul Kruger-hek, Hazyview, 1100, Mpumalanga
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang