Hlosi Game Lodge - Amakhala Game Reserve
- Soos Gesien op Facebook
- Kapasiteit: 34 persone
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Karel Landman 314, Amakhala Wildreservaat, Alexandria, 6000, Oos-Kaap
- Vanaf R14 200 per nag, vir 2 mense
-
TGCSA-gradering:
Beskrywing
Hlosi Game Lodge is in die Amakhala Reservaat in die Oos-Kaap. Dié reservaat is 7500 hektaar groot. Dit is op die soom van 'n heuwel bo die Boesmansriviervlakte geleë. Hierdie luukse wild-lodge is 'n stil toevlugsoord in die grasvlaktes wat 'n ryk en intieme Afrika-safari ervaring bied.
Hlosi herdefinieer eksklusiwiteit met 4 luukse suites, 2 gesinsuites en 8 luukse tente. Die luukse safaritente bied 'n unieke tent-ervaring midde-in die Afrika-bos sonder om luuksheid in te boet.
Die hoof-lodge bestaan uit 'n ingang-rondawel wat lei na 'n ruim eetkamer waar jy 'n privaat- of groep-ete kan geniet. Daarna volg 'n groot sitkamer en biblioteek wat dan weer lei na 'n kroeg. Die sentrale lodge word aan alle kante omring deur skaduryke stoepe vanwaar gaste 'n verskeidenheid uitsigte oor die rustige landskap kan geniet. 'n Swembad en swembad-dek is ook beskikbaar. Die boma is 'n aparte area langsaan die hoof-lodge en daar word bosbraaie en spesiale feestelike geleenthede vir gaste se vermaak gehou. Vir jonger gaste is daar 'n privaat sitkamer met 'n TV, DVD-speler, speletjies en boeke.
Hlosi kan eksklusief verhuur word as 'n privaat venue vir klein spanbou-geleenthede of troues. Die lodge bied ook 'n klein konferensie-venue vir Oos-Kaapse besighede. Die gesinsafari-aanbod bied 'n program met 'n rits aktiwiteite onder toesig.
Hlosi is ideaal geleë naby Gqeberha (Port Elizabeth) in die Oos-Kaap en bied 'n Groot 5-ervaring (leeu, olifant, buffel, renoster en luiperd) in 'n malaria-vrye privaat wildreservaat sodat die hele gesin Afrika op sy beste kan beleef.
Kenmerke
Geriewe
- Kroeg
- Lughawe-pendeldiens Op Versoek
- Kinderoppasser Op Versoek
- Swembad
- Begeleide Wildritte Ingesluit
- Speletjieskamer
- Gastesitkamer
- Wasgoeddiens
- Geen Rook Binnenshuis
- Malaria-vrye streek
- Restaurant op Perseel
- Persoonlike Kluis
- Daaglikse Skoonmaakdiens
- Gratis WiFi
- Konferensiegeriewe
- WiFi
Aktiwiteite op perseel
- Groot 5
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
- Swem
Aktiwiteite Naby
- Voëlkyk
- Wildritte
- Wildkyk
- Begeleide Wandelpaaie
Hier praat ons
- Afrikaans
- Engels
- Xhosa
Maaltye Aangebied
- Ontbyt
- Aandete
- Tee
- Alle Etes Ingesluit
Konferensiegeriewe
- Dataprojektor
- Blaaibord
- Witborde
- Televisie
- Plek vir tot 20 afgevaardigdes
Parkeerplek
- Veilige Parkering
- Parkering Van Die Straat Af
Betaalopsies op Perseel
- Visa
- Mastercard
- American Express
- Kontant
- Elektroniese Fondsoorplasing
Resensies
Ontmoet jou gasheer
Kyk ’n bietjie na die gasheer se rekord en hul ander blyplekke se resensies. Sien gasheer se profiel
4.6/5
Lion Geverifieer
Eiendomme 13
Resensies 159
Op LekkeSlaap 14 jaar
Ligging
- Karel Landman 314, Amakhala Wildreservaat, Alexandria, 6000, Oos-Kaap
Sien meer verblyf in Greater Addo Oos-Kaap
- Kapasiteit: 34 mense
- Alle ouderdomme is welkom
-
Inkloktyd: 14:00 tot 20:00
Uitkloktyd: 10:00 - Adres: Karel Landman 314, Amakhala Wildreservaat, Alexandria, 6000, Oos-Kaap
-
TGCSA-gradering:
Welkom by LekkeSlaap
Welkom terug!
Verander jou wagwoord?
Sluit by ons nuusbrief aan!
Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur
Teken by jou LekkeSlaap-profiel in
Vul jou e-posadres in om te begin
Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang