Pick your preferred language

English

Afrikaans

Successfully reported

Hoedspruit Wildlife Estate 266 (Indlovu Lodge)

Resensies

4.5/ 5

Gebaseer op 38 resensies

Uitstekend

Netheid
4.3
Ligging
4.6
Waarde vir geld
4.5
Diens
4.4
Veiligheid
4.8
Ryan B
1 nag Besigheidsreis
5.0
Feb 2024

Waarde vir geld. Lekker gebly, dankie! Kan aanbeveel!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Handre V
1 nag Saam met lewensmaat
5.0
Jan 2024

Al ons verwagtinge was oortref, groot waardering vir alles! Verblyf was uitstekend, ons sal die verblyf vir enigeen aanbeveel. Was puik!

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Helga O
Kort verblyf
5.0
Nov 2023

Uitstekend. Die plek was pragtig en baie rustig, sal definitief dit aanbeveel vir enige iemand, baie dankie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0

Leon S
Kort verblyf Saam met lewensmaat
4.6
Aug 2022

Die huis is goed toegerus met al die nodigste goed. Sal die akkommodasie beslis aanbeveel, baie stil, privaat en diere loop op jou erf rond. Die bestuurder, Yolandie, is baie hulpvaardig, sy het al die reëlings perfek gereël. Sal beslis weer inboek in Hoedspruit Wildlife Estate. Baie dankie.

Netheid
4.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Landie
Hoedspruit Wildlife Estate 266 (Indlovu Lodge)
Baie dankie vir julle kuier, dit was lekker om julle te verwelkom - julle was die perfekte gaste en ons sal bevoorreg wees om julle weer te verwelkom.

Con V
Kort verblyf Gesin met klein kinders
3.4
Feb 2020

'n Paar klein dingetjies wat ek onder eienaar se aandag wil bring sonder om negatief of afbrekend wil wees. Aandag aan detail: maak seker daar is 'n rolletjie toiletpapier in elke toilet asb. Maak seker daar is 'n paar druppels skottelgoedseep om mee te begin. Maak seker 'n gas weet presies hoe die elektrisiteit op-top werk, ons is in die middel van snikhete nag onkant gevang met geen elektrisiteit. Ons het geen selfoon sein gehad (Cell C) in HWE so kommunikasie was feitlik onmoontlik binne die estate, noem dit asb. Maak asb. die skerp aluminiumpunt reg by die onderste trap wat na die swembad lei, my seun het sy voet lelik gesny. Maak asb. die skirting board se hoek reg by die sitkamer se skuifdeur wat lei na buite/swembad. Die onderste stort se handvatsel kom af as jy die stort aandraai, dit het n nuwe skoefie nodig. As mens die geyser se circuit breaker op die DB board in die garage aansit, stroom die water uit 'n afleipyp aan die voorkant van die huis links van die voordeur wat onder die dak uitkom, ons het liewers afgesit. Waarsku asb. gaste dat die teëls om die swembad en om die patio dodelik glad is wanneer nat, ons het ook 3 insidente gehad. Sien asb. bogenoemde as opbouende voorstelle en nie as afbrekende kritiek nie.

Netheid
2.0
Diens
3.0
Ligging
4.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
3.0
Landie
Hoedspruit Wildlife Estate 266 (Indlovu Lodge)
Geagte gas. Eersthands wil ons groot omverskoning vra vir die ondervinding. Hiermee wil ons graag in kennis stel dat die huis onder nuwe bestuur is en daar aan al die onsmaaklikhede aandag gegee en herstel is. Nuwe lewe is in die huis ingeblaas, opgraderings is gedoen en die nuwe bestuur het hul vinger op die pols. Ons hoop om julle eendag terug te ontvang. Vriendelike groete

Raelene R
Kort verblyf Gesin met klein kinders
5.0
Sep 2019

The accommodation made provision for a braai and cooking in the house. The only unpleasant thing for the weekend was the weather - everything else, house and surroundings were perfect!

Word in die oorspronklike taal vertoon.
Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Landie
Hoedspruit Wildlife Estate 266 (Indlovu Lodge)
Thank you for your kind reply, we hope to welcome you back again soon.

Tina G
1 nag
5.0
Aug 2019

Dit is 'n fantastiese plek om in te bly. Hierdie plek het ons as groep nie vir 'n oomblik verveel, ons het die pooltafel met sy braai-area so geniet dat ons amper nie gaan slaap het nie. Die eienaar was met my in kontak vanaf 'n week voor ons aankoms tot en met 'n dag na ons vertrek het, dit is gemaklik, netjies, en skoon. Ons sal enige tyd weer daar gaan bly. Daar is regtig niks wat ons nodig gehad het wat daar nie was nie. Baie dankie Tina.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Landie
Hoedspruit Wildlife Estate 266 (Indlovu Lodge)
Baie dankie vir julle terugvoer, ons hoop om julle weer terug te verwelkom.

Charles V
Lang verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Jul 2019

Dit was 'n fantastiese ervaring. Indlovu Lodge is absoluut 'n wonderlike plek om jou batterye te herlaai. Die huis en al die geriewe is puik. Alles wat jy nodig het is daar. Die gasheer, Riaan is baie vriendelik en hulpvaardig en laat jou dadelik tuis voel. Dit is wonderlik om al die diere te sien wat kom kuier en wat by die huis bly. Dit was 'n voorreg om in so 'n 5-ster-huis te bly en ons hondekind was ook welkom. Ons kan nie wag om terug te keer nie.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Landie
Hoedspruit Wildlife Estate 266 (Indlovu Lodge)
Baie dankie. Hoop ons sien julle sommer vinnig weer.

Leon S
Kort verblyf Saam met lewensmaat
5.0
Jan 2019

Hierdie lodge kry 5 sterre! Die lodge het al my verwagtinge oorskry. Ek beveel hierdie lodge ten sterkste aan. Die beste plek om deel van die natuur te wees saam met die diere en die ongelooflike stilte. Die plek sien my binnekort weer.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
5.0
Landie
Hoedspruit Wildlife Estate 266 (Indlovu Lodge)
Baie, baie dankie. Hoop ons sien julle binnekort weer.

Ernie S
1 nag
4.8
Mei 2019

Die ideale plek om in Hoedspruit oor te bly. Alhoewel ons net vir een nag oorgeslaap het, is die plekkie baie oulik en het hy alles wat nodig is. Sal definitief langer wil bly in die toekoms.

Netheid
5.0
Diens
5.0
Ligging
5.0
Veiligheid
5.0
Waarde vir geld
4.0
Landie
Hoedspruit Wildlife Estate 266 (Indlovu Lodge)
Thank you kindly. Hope to welcome you back soon.

Ontmoet jou gasheer

Kyk 'n bietjie na die gasheer se rekord.

4.5/5

Landie Geverifieer

Eiendomme 1

Resensies 38

Op LekkeSlaap 10 jaar

Vanaf
Vanaf R7 900
per nag, vir 13 mense
Vanaf
R7 900
per nag, vir 13 mense
Maak 'n Bespreking
  • Kapasiteit: 13 mense
  • Alle ouderdomme is welkom
  • Inkloktyd: 14:00 tot 19:00
    Uitkloktyd: 10:00
  • Adres: Hoedspruit Wildlandgoed, Rotsvry 266, Hoedspruit, 1380, Limpopo
https://travelground.imgix.net/AAEAAQAAAAAAAAAAAAAA95388e0509a007b5d78d9554f71e668cdfc3608adb5510a5351b0586661256ae075e7d50dd0c2c0aa7a31c611e324c5278fc?w=1440&h=960&fit=crop&auto=enhance,format,compress&q=80 Vanaf R7 900 per nag, vir 13 mense 38 5 1 5 Hoedspruit Wildlife Estate Rotsvry 266 1380 Limpopo 021 201 8901 14:00-19:00 10:00 -24.340403580142 30.991201165859

Welkom by LekkeSlaap

Welkom terug!

Verander jou wagwoord?

Sluit by ons nuusbrief aan!

Skep ’n profiel om jou besprekings te bestuur

Teken by jou LekkeSlaap-profiel in

Vul jou e-posadres in om te begin

Teken in om spesiale aanbiedinge te ontvang